Geverifieerde Resensie
Clarens
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Clarens bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 3984 resensies.
"Ons is baie lief vir Clarens. Die pragtige kleurskakerings van die berge, sandsteen en populierbome maak dit prentjiemooi. Clarens het 'n lewendige en gesellige kuier atmosfeer, oral waar mens gaan. "
"Lieflike dorpie met fantastiese kuns en uitsig. Naby aan natuur en Golden Gate. Sal verseker weer besoek. "
"Het verlief geraak op die plek, was ons eerste keer - maar defnitief nie die laaste!!"
"Een van ons mooiste dorpies in Suid-Afrika. Die ligging, klimaat, oulike winkels en mooi gastehuise. Kan by Golden Gate 'n draai maak, so voorwaar 'n oulike skilderagtige dorp."
"Baie lekker plek om te ontspan en net rustig te verkeer. Lekker winkels en restaurante."
"Pragtige dorp en natuur. Maar bring jou eie kos en vleis. Die winkel op dorp is maar baie basies gestock!"
"Heerlike atmosfeer, lekker eetplekke en oulike winkeltjies. Glad nie uitspattig duur vir 'n groot toerisme aantreklikheid nie. Een van die lekkerste en oulikste dorpies ."
"Uiters mooi wêreld. Beveel dit aan vir enige natuurliefhebber. Regtig baie mooi."
"Was heerlik, daar kort net iets vir kinders onder 12 jaar om te doen. Klimrame of trampoliens op grasperk...of so iets!"