Geverifieerde Resensie
Clarens
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Clarens bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 3984 resensies.
"Clarens is best for shopping, restaurants, hiking, golf and spa days. All in one town."
"Vreeslike lekker dorpie hierdie om te besoek, meer as genoeg winkels om deur te stap en ook baie om te doen in die omgewing. Besonder uitgebrei die laaste paar jaar wat goed is om te sien. Paaie in die dorp kort so bietjie werk (soos in meeste dorpe in SA!) maar Clarens bied soveel meer as wat bv. Dullstroom doen."
"Baie meer as wat ek verwag het. Die ontwikkeling as toeristebestemming het baie verander sedert ek jare terug in Clarens was."
"Clarens is a very nice place to visit and have quality time with your partner. The vibe is very good."
"Die omgewing is pragtig en bied baie ekstra aktiwiteite. Soos gewoonlik, stop ons ons voertuig in Clarens en stap van winkel tot winkel vir ekstra spesiale en unieke items. Ek beveel beslis Maluti Mountain Adventures aan vir 'n fantastiese quad bike avontuur van ongeveer 3 ure lank."
"Our shopping experience in Clarens was disappointing compared to when we last visited in 2015. The quality of goods on offer was not as good as it was before. And the condition of the road around the town square is not acceptable anymore. If this town wants to thrive, the whole community needs to pull together and all involved (shops, municipality, guest houses, property owners, residents etc) need to stand together and contribute towards lifting the quality of the shopping experience, including the road infrastructure, of this beautiful village."
"Ons het Clarens en die omliggende areas baie geniet. Die dorpie het 'n goeie verskeidenheid van restaurante en ook baie winkeltjies om in rond te loop. Mooi, skoon dorpie en baie vriendelike mense."
"Great vibe, especially for Heritage Day. So much to see and do and eat and drink!"
"Lekker kuier-dorpie met lekker eetplekke. Daar is baie mense op die dorp, veral op 'n Saterdag."
"Out of this world - however, a challenge is their local convenience store. It's one shop, Clarens is a tourist place, wishes local businessman can open another store within Clarens."
"Ons besoek Clarens gereeld, en kan ongelukkig sien dat daar nie baie vooruitgang is nie en dat pryse op items regtig buitensporig geraak het. Ook, beurtkrag eis sy tol - ongelukkig - en baie van die winkeltjies en plekke is toe gedurende beurtkrag. Dit bly egter nog een van ons gunstellingplekke om te besoek vir die natuurskoon, ligging en rustigheid."
"Dis mooi met oulike winkels en heerlike eetplekke. Die lekkerste eetplek waar ons vir ure kon kuier was die Kooperasie Die kos en diens was baie goed. "
"Die parkering is maar frustrerend en om elke keer die parkeerwagte te moet betaal tel op tot die uitstappie na die dorp se koste. Ons het op ou end eerder restaurante buite die dorp gaan besoek om nie te sukkel met parkering nie. Klein, simpel punt wat nie vir almal 'n probleem sal wees nie, maar tog iets om in ag te neem."
"Baie vriendelike, netjiese plek met so baie om te doen, te sien en te eet. Sal dit beslis aanbeveel."