Verified Reviews
Colesberg
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Colesberg
Rated 3.9 out of 5 based on 1685 reviews.
"Gaan maak vir seker 'n draai daar. Stop, verken en geniet die dorp. Absoluut 'n plesier gewees."
"Daar is oulike plekke om te eet en dit is amper halfpad tussen Kaapstad en Johannesburg"
"Al die sluise is oop by die Gariepdam. Dit is indrukwekkend om te sien. Moenie net stop by die uitsigpunt nie, ry af na die brug as jy nie omgee om nat te word nie. Vorige kere roosterkoek gekoop in die hoofstraat. Dit was heerlik."
"Eerder oornagbestemming as toeristebestemming. Dorp is groter as wat jy dink aangesien jy slegs klein gedeelte van N1 af kan sien."
"Die perfekte halfweghuis tussen Plettenbergbaai en JHB, veral wanneer jou honde saamreis."
"Town is not tidy in terms of logistics, litter and overall tidiness of the town. People are otherwise friendly."
"Ek verkies koeler weer en die besige stadslewe, daarom sou ek nie self vir 'n lang tyd in die Karoo oorbly nie. Maar ek het geen klagtes spesifiek oor Colesberg nie. Ek het baie lekker oornag en die plaaslike restaurante is uit die boonste rakke."
"Kan gerus Inni Kraal Restaurant aanbeveel wat stapafstand van Donalds Guest House is. Lekkerste skaapstertjies en pizza."
"No streetlights and no clear road markings coming off the N1. Very confusing to get to our destination."
"Lovely little town with excellent restaurants. Quiet and safe - perfect for a rest stop."
"Het Allards Bistro & Pizzeria baie geniet - hulle skaapstertjies 'n moet wanneer jy Colesberg besoek."
"Fantastiese bestemming en baie geskiedkundig en regverdig. Meer as net oornagplek as jy in geskiedenis belangstel. Skakel gerus met die Colesberg Kemper Museum & Tow Information Office by lgmpemba@webmail.co.za of 051-7530574 vir fantastiese inligting oor hierdie pragtige dorpie."
"Die elektrisiteit is gereeld af in Colesberg, die laaste tyd, al is daar nie beurtkrag nie. Ek het dit ondervind beide in Desember 2021 en Januarie 2022."