Geverifieerde Resensie
Dana Bay
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Dana Bay bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 165 resensies.
"Min opsies vir vinnige etes en restaurante, maar steeds 'n baie veilige en rustige area. "
"Danabaai is 'n lieflike dorp as jy net wil ontspan maar tog ook naby genoeg aan ander groter dorpe as jy bietjie wil rondry en dinge gaan doen. "
"Danabaai is pragtig en 'n stiller opsie as Mosselbaai. Net jammer die kinders kan nie in die see swem nie. Ons moes elke dag pak en ry vir die dag na Diazstrand of Hartenbos. Danabaai is 'n pragtige stil strand met lang staproetes langs die see. Ons het dolfyne en walwisse vanaf die stoep van Dux-'n-Biki gesien."
"Alhoewel Danabaai nie veel vir toeriste bied nie, is Mosselbaai naby genoeg daarvoor."
"Ideaal geleë vir vinnige besoek by Mosselbaai met die N2 snelweg so naby. Die strand self is gerieflik en naby."
"'n Heerlike omgewing, rustig, ver genoeg van gedrang van Mosselbaai, maar naby genoeg om maklik en gou by die plekke in die omgewing uit te kom. 'n Pragtige omgewing met heerlike verrassings - soos bokkies en skilpadjies wat hier by jou op die gras kom wei - laat jou regtig veilig, rustig en tuis voel."
"Quiet but beautiful little town with beautiful beaches and access to hiking routes."
"Lekker naby die Casino wat die heerlikste Sondag-etes aanbied, reg langsaan is Pinnacle Point met die mooiste uitsig waar 'n mens 'n baie lekker koppie koffie of tee kan nuttig."
"Die meeste dinge wat jy nodig het is reeds in Danabaai en jy hoef nie uit Danabaai te ry om die nodige goed te kry nie. Dit is vir my as hengelaar baie lekker in Danabaai. Ek sal enige tyd weer in Danabaai kom bly."
"Danabaai het in my hart gekruip. Rustig en uit die besige Mosselbaai en Hartenbos."
"Danabaai is 'n pragtige plek waar eiendomme oor die algemeen goed in stand gehou word. "