Geverifieerde Resensie
De Kelders
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in De Kelders bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 191 resensies.
"De Kelders is 'n ware juweel. Ons was stomgeslaan oor die duikers wat vir kilometers aaneen, skouspelagtig oor die see aangevlieg gekom het. 'n Wonderlike vakansiebestemming."
"De Kelders is 'n pragtige deel van die kuslyn en ons gaan graag weer en weer terug soontoe."
"Net die nodige en as jy iets meer soos winkels wil hê is dit net 30 km weg in Hermanus."
"Die skoonste plek en die meeste straatjies is geteer. Dit is so interessante plek. Ons het ure gestap. Verlang klaar terug! Ons het die kerk se basaar baie geniet, al die tuisgemaakte goedjies. En die uitgrawing is absoluut besonders."
"De Kelders is die beste plek as jy Walvisse wil sien. Die walvisse is so te sê op die strand en as jy 'n goeie kamera het kan jy baie foto's neem. Daar is bankies langs die see vanwaar jy die walvisse kan dop hou en voetpaadjies tot by die rotse as jy nog nader wil gaan om die walvisse te besigtig."
"Die woonstelle staan op die presiese plek waar ons wittebrood begin het 32 jaar gelede en dit maak dit net sommer net ekstra spesiaal. Net een probleem die ligging en natuurskoon is te romanties vir enkellopendes (grappie)."