Geverifieerde Resensie
De Rust
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in De Rust bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 418 resensies.
"Beautiful small town. Breakfast at the Spekbos Restaurant is also highly recommended. Our stay in the area was too short to sample all that was on offer."
"Stap gerus 'n draai deur die dorpie en geniet die geselsies met die plaaslike inwoners. Die dorpie is netjies en skoon, en alhoewel daar 'n besige roete deur die dorp loop, was dit glad nie steurend nie. Die mense is vriendelik en het ons adviseer watter roetes om deur die area te ry op ons sloertoer. Baie dankie."
"What a gem of a little town. I cannot wait to come back here. The mountains and passes are incredible."
"Ek wou nog altyd oorslaap op De Rust en was baie beïndruk met die rustigheid van die dorp, asook die vriendelikheid van die inwoners. Dis 'n heerlike wegbreek vanaf die stad en die ligging tussen die mooiste berge maak dat ek graag weer die dorp sal wil besoek. Ek kan 'n besoek aan De Rust met vrymoedigheid aanbeveel."
"De Rust is a lovely little town - we got freshly baked bread and lovely breakfast. Beautiful location as a whole."
"Very friendly - artistic and quaint little town. A lovely break from the hustle and bustle."
"Stil, rustige area waar jy nog die sterre kan sien en jou eie gedagtes kan hoor. Uitstekende plek vir 'n wegbreek om rus vir jou siel te kry."
"Die dorpie self het bietjie te oorontwikkel en sy rustige Karoo-stilte verloor."
"Meringspoort is 'n belewenis met sy konstruksie en fasiliteite vir besoekers en veral die padgebruikers. Baie goed gedoen, Wes-Kaap Regering Paaie-afdeling."
"Pragtige dorpie wat ek al baie dekades lank ken van deurry, maar verlede jaar vir die eerste keer oornag het. Hartlike mense en pragtige natuurskoon."
"Moet nooit dink daar gaan niks by De Rust aan nie. As jy net wil ontspan en die rustigheid inasem, is jy welkom. Ons het egter 'n heerlike ondervinding op De Rustica by die olyfplaas gehad, het gaan perdry daar naby en dan is die wonderskone Meiringspoort en Swartbergpas 'n hanetree van jou af."