Geverifieerde Resensie
Dolphin Coast
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Dolphin Coast bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 551 resensies.
"Ons was nie baie gelukkig oor die feit dat die naaste Mall/Winkels nie loopafstand was nie. Dis nie lekker om bv. vir melk, 5 km ver te ry nie. Die meeste klein plekkies het ten minste 'n winkel vir dringende benodigdhede soos melk, koffie suiker, ens."
"Pragtige klein kusdorpie met 'n heerlike strand. Tog is jy naby genoeg aan die groter plekke sou jy enigiets nodig hê. Dis die perfekte plek vir 'n gesinsvakansie by die see."
"Shaka's Rock is gerieflik geleë tussen Ballito en Salt Rock, wat mens die keuse bied om enige van die gemelde plekke se winkelsentrums te besoek."
"Salt Rock is great as jy nie ingestel is op sonskyn en goeie weer nie. As jy klein kinders het kan dit ook moeilik raak as die weer sleg is en die strande nie altyd oop is vir swem nie. Die strande was bv. gesluit van 30 September tot ons vertrek op 8 Oktober weens swak weer en daar was geen lewensredders nie. As jy net wil ontspan, nie op mooi weer ingestel is nie en wil rus, gaan stap langs die kus, microlight vlieg, is Salt Rock great, maar kies dan 'n plek soos Cane Land Spa en Hotel waar jy bederf word."
"The area is a bit quiet, not much to do except visiting the beach and small malls around."
"Salt Rock is 'n great bestemming met talle behoorlike 4-ster plekke, soos Canelands. Dis reg op die strand en die diens is 6-ster!"
"The young lady who serviced the villa during our stay was quiet, unobtrusive, efficient and a real asset to us all. We 'Johannesburgers' (especially) wish that Zimbali wasn't such a drive from Gauteng but we really appreciate having been able to visit the estate for our (special) holiday week."
"Baie skoon strand, lekker vir stap en visvang. Jy kan swem ook, maar dit was 'n bietjie rof met hoogwater. Daar is swempoele as jy daarvan hou."
"Ongelooflik! Mens hoef regtig nie oorsee te toer nie, want alles is ongelooflik netjies en veilig."
"Beautiful beach. Easy to get their from Santorini. To far from any shops or restaurants. Plenty of lifeguards which makes you feel very safe."
"Hope swembaddens, wonderlike speelplek vir kinders genoeg in die resort om te doen!"
"Mooi strand maar vir swem in die branders eerder Ballito hoofstrand wat ook naby is."
"Vir my as rolstoelgebruiker is die sypadjies nie baie rolstoelvriendelik nie, dit is soms te smal en het hoë kante af, dit is moelik om by die houtpaadjies te kom vanaf die woonstel tot daar. Die strand met sy houtpaadjies is baie lekker om te gebruik en baie rolstoelvriendelik."
"Zimbali is 'n baie veilige landgoed waar 'n mens lang ente kan gaan stap in die pragtige natuur en kinders elke dag op 'n ander plek kan gaan swem. Vir die golfspelers is dit natuurlik 'n paradys."