Geverifieerde Resensie
Drakensberg
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Drakensberg bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 1226 resensies.
Champagne Vallei, Drakensberge
Berghaven Cottages"Nie net die uitsig op die omgewing en berge nie, maar ook talle voëlspesies en besoekpunte soos koffie winkels, eetplekke en ander vermaak, maak 'n besoek aan die Drakensberg meer as die moeite werd. Die teerpaaie is aanvaarbaar hoewel daar redelik baie slaggate voorkom."
"Daar is baie potensiaal om dit 'n gesogte akkommodasie bestemming te maak vanweë die sentrale ligging, maar die paaie het dringende aandag nodig. "
"Klein dorpie. Baie mooi net 20 km van die Drakensberg. Daar is soveel om te doen en was baie gelukkig met my besluit om daar te gaan afpak vir 'n naweek. "
Champagne Vallei, Drakensberge
Ingwe Cabin @ iKhayalamafu Nature Reserve"Ongelooflike natuurskoon."
"Ons was aanvanklik geskok oor hoe verwaarloos die dorpie in die algemeen is, maar met 'n bietjie opknapping sal dit 'n oulike plek wees vir 'n naweek-uitstappie - bv. vir motorfietsryers, bergfietsryers en stappers. As daar dalk weer 'n koffiewinkel kan oopmaak (die vorige een het sowat 2 maande gelede gesluit omdat die eienaar in Durban gaan aftree het), asook 'n paar kuns en handwerkwinkeltjies, sal dit hopelik meer toeriste lok. Die bergpas na Harrismith (49km) het lieflike uitsigte en is heeltemal rybaar met 'n SUV (en selfs 'n sedanmotor as 'n mens versigtig is vir die slaggate plek-plek), dus is die dorpie glad nie so onbereikbaar nie. Ons beplan om definitief weer soontoe te gaan om die Verlore Vallei te besoek. "
"Fouriesburg self is nie veel om oor te skryf nie. Die omliggende area is 5 ster."
"Can't be too sure of what you will find in Fouriesburg. We were in need of petrol and when we arrived there we found they had none and they did not know when they would receive - typical farming town I suppose. Great butchery (Model Butchery) which sells great lamb chops and the best marinated chicken kebabs that we have ever tasted."
"Fouriesburg is 'n klein dorpie, goed geleë en 'n kort afstand van Clarens af."
"Nie veel van 'n toeristebestemming nie. Daar is 'n paar padstalle op pad Ficksburg toe. Die natuurskoon is 5 ster!"
Champagne Vallei, Drakensberge
Berghaven Cottages"Wonderlike ervaring met baie om te doen en te besigtig. Sal graag weer wil gaan!"
Champagne Vallei, Drakensberge
Birdsong Accommodation"Champagne Valley is an amazing area to visit. Beautiful and so much to do."
"Fouriesburg is 'n pragtige dorpie en het definitief potensiaal vir 'n wonderlike toerisme bestemming."
"Good places to eat out, including Christmas dinner. Really peaceful, not too commercialised. "
"Daar is nie ordentlike kruideniersware winkels nie. 'n Paar kafees en 'n algemene handelaar. Naaste dorpe met kettingwinkels is Betleheme of Ficksburg en Clarens."