Geverifieerde Resensie
Dullstroom
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Dullstroom bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 1294 resensies.
"The Clock Shop is a must to visit. Be selective about where to eat, and book in advance! We looked at several reviews, and were disappointed. "
"Mooi dorpie. Sal wel aanbeveel dat toeriste in die aand nie restaurante toe stap nie - onvoldoende beligting."
"Mens wil graag loop deur die dorpie. Sal wonderlik wees as hulle 'n voetganger en fietsrybaan langs die hoofstraat het. Die dorpie is geweldig oulik met interessante winkeltjies en restaurante. "
"Dullstroom has always been a fantastic place to visit. Even when heavy fog sets in for the day and night. Great bars and restaurants entertain you while the weather closes in. "
"Paar baie oulike winkels. Die kosplekke voorsien almal die lekkerste chips saam met julle maaltye. Die plek om die smoked trout te probeer."
"Beskik oor baie potensiaal as toerismebestemming (ligging, onbesoedelde lug), maar gebrekkige infrastruktuur (geen sypaadjies om op te loop om dorpie te verken), min plaaslike handelsware om van te koop in vergelyking met Clarens."
"Die dorpie is ook net so groot en 90% van besienswaardighede is maar in die hoofstraat wat deur die drop gaan. As jy iemand is wat heeldag kan visvang of kuns waardeer sal die plekkie jou dalk langer besig hou, maar 1 naweek is meer as genoeg om die dorp te verken en meeste plekkies te besoek. Hengelaars sal dalk langer wil bly, volgens my is dit maar die hoof trekpleister van die area."
"Dullstroom bied 'n lekker bestemming vir 'n naweek met baie te doen en te sien."
"Pragtige dorp met so baie winkeltjies en restaurante, en die mense! O, watter opregte, vriendelike mense! "
"Absoluut verlief op Dullstroom. Dorp het 'n lekker vibe met baie interessante winkels en eetplekke."
"Hulle kan gerus mooi, veilige voetpaadjies langs die hoofpad plaas. Daar is soveel verkeer en 'n mens sukkel om 'n babakarretjie rond te stoot. Kinderspeelplekke kan beter versorg word en veiliger gemaak word."