Fox Hill Guest House
- Kapasiteit: 8 persone
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Naledi-rylaan 67, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
- Vanaf R1 100 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Fox Hill Guest House is sentraal in die pragtige dorpie Dullstroom, in die Hoëveld van Mpumalanga geleë. Dullstroom is die ideale oornagstop op pad na die Krugerwildtuin, Limpopo Laeveld en Mpumalanga Laeveld.
Verblyf word in 4 smaakvol versierde gastekamers aangebied, elkeen met sy eie privaat ingang en 'n uitsig oor die goed onderhoude tuin.
Daar is veilige parkeerplek op die perseel vir gaste se voertuie.
Fox Hill Guest House is 'n rustige omgewing en ideaal vir gaste wat op soek is na 'n romantiese wegbreek, sakereisigers of oornaggaste wat op pad is na 'n volgende bestemming. Kom geniet 'n glasie sjerrie voor die kaggel of 'n ontspanne kerslig-borrelbad.
Die gastehuis is naby verskeie winkels, restaurante, doendinge en besienswaardighede.
Geen DStv word voorsien nie, maar daar is gratis WiFi op die perseel.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Jacqui Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 144
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Naledi-rylaan 67, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
- Gaste dink Fox Hill Guest House het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 8 volwassenes
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Naledi-rylaan 67, Dullstroom, 1110, Mpumalanga