Geverifieerde Resensie
Dullstroom
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Dullstroom bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 1294 resensies.
"Rustige kleindorpie, groot toeriste deurloop oor naweeke wat dit moeite werd maak om 'n draai te maak in die geskiedkundige dorpie."
"Dullstroom is so 15 min se ry van Uitvlugt Ponds, baie mooi dorpie met verskeie winkels om deur te loop. En natuurlik Harrie's pancakes."
"Vir die vlieghengelaar en moontlik gholfspeler is dit 'n gawe bestemming. Van Maandae tot Woensdae gebeur daar nie veel nie en mens moet vroegaand 'n eetplek soek, anders is als toe. Vanaf Donderdae verander dinge darem redelik. Die Highlander en Mrs Simpson is bo-gemiddelde eetplekke, wat goeie waarde vir geld bied. Die landgoedere rondom Dullstroom is baie meer indrukwekkend as Dullstroom self. Nogmaals 'n lekker wegbreek vir rustigheid!"
"Eet gerus by Mrs. Simpson's restaurant. Puik diens, interessante milieu en heerlike kos."
"Dullstroom is 'n great klein dorpie met vriendelike mense en goeie diens."
"Pragtige plekkie om te besoek. Die straatsmouse val mens soms baie lastig. Kan vir ure wandel in die pragtige dorpie"
"Ons het heerlike plekkies ontdek wat onvergeetlike herinneringe gelaat het. Ons familiewapen met 'n geraamde horlosie by The Clock shop, heerlike vermaak by die Bohemian pub (BOHOBO) en prettige kopies by die geskenkwinkels, sjokolade winkel ens. Diens was orals so persoonlik en gemaklik. Sal vir seker Dullstroom aanbeveel."
"Meer aandag gee aan braaigeriewe, aandag gee aan die dreineringstelsel tussen die eenhede, as iemand bad of stort in eenheid 5, stoot alles op en uit by eenheid 4 se bad en wasbak in die kombuis."
"Been there 3 times in as many years. Always interesting places and lovely/different shops."
"Baie van die winkeltjies dieselfde aanbiedinge. Die een is soos die ander. Die gholfbaan is uitsonderlik."
"Dullstroom is unique and has many different shops to explore. A beautiful village that we as South Africans can be proud of."
"Dullstroom is wonderlik! Ons is baie lief vir Dullies en sal dit vir enige iemand aanbeveel. In die somer is die weer matig en lekker, en in die winter is dit koud, maar elke plek het lekker vuurtjies wat brand met 'n knus atmosfeer en as dit sneeu is jy dubbeld gelukkig!"
"Die dorpie is puik! Baie oulik en lekker restaurante en toeristeaantreklikhede. Van die strate kan aandag geniet en die dorp kan doen met 'n klein ketting-supermark. "
"Dullstroom bly Dullstroom. Dit is altyd 'n lifelike plek om na te gaan. Die winkeltjies is ongelukkig besig om bietjie agteruit te gaan. "
"Dit 'n interessante plek en goeie wegbreek vir 'n naweek. Maak net voorsiening vir genoeg warm klere in die winter."