Geverifieerde Resensie
Dullstroom
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Dullstroom bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 1294 resensies.
"Ons het wel nie suiker gehad nie, maar dit is glad nie 'n klagte nie, ek glo as ons die eienaar sou kontak vir dit sou sy met graagte vir ons bring."
"The Mayfly restaurant's food was delicious and has a warm, welcoming atmosphere. The Bird's Prey Rehab's demonstrations and feedings are a must to experience!"
"Bird of Prey sentrum is 'n moet om te beleef. Wild about whiskey is iets uniek. Poacher is beslis my gunsteling kroeg."
"Ons was in die eerste helfte van die week daar, en ongelukkig was baie van die winkels en stalletjies toe. Gevolglik kon ons nie als sien wat te siene is nie. Ons sal wel weer in die toekoms teruggaan! Die mense is oor die algemeen vreeslik vriendelik en behulpsaam, wat ons baie tuis laat voel het in die dorp. Ons het die mooiste horlosies gekoop, het heerlik gaan whiskey proe en ook ongelooflike lekker forel te ete gekry!"
"Die dorpie het baie agteruit gegaan. Nie meer dieselfde atmosfeer as 'n paar jaar terug nie."
"Hou net die kaart ten alle tye by jou, 'n mens kan lekker verdwaal in die aand a.g.v gebrek aan straatligte en grondpaadjies wat dieselfde lyk."
"Mis al die ou winkels. Te veel beeldjies, ens. Restaurante en pubs was lekker. Sekere plekke baie duur."
"Bird of Prey rehabilitasie sentrum is 'n moet om te besoek. Die dorpie is baie stil tydens die week en na 5 kry mens skaars 'n restaurant oop."
"Baie lekker, maar die karwagte is opdringerig en daar is mense wat geld bedel."
"Dullstroom het sy eie bekoring en 'n hoogtepunt vir ons was 'n besoek aan die Birds of Prey Rehabilitasie sentrum. Om uit te eet is redelik bekostigbaar in vergelyking met pryse in die stad, maar ons het gevind dat die pryse van handelsitems onnodig duur is en gefokus is op die oorsese mark. Soortgelyke produkte kan teen laer pryse elders aangekoop word."
"Oulikste dorp met interessante mense, heerlike eetplekke, beste koffie by "Beans about Coffee" en gawe mense."