Verified Reviews
Erasmuskloof
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Erasmuskloof
Rated 4.3 out of 5 based on 24 reviews.
"My seun het my die nuwe Menlyn Teater gaan wys en die hotel met die balcony waar jy 'n drankie kan geniet (soos in New York). Bly ons land bou en beweeg aan na die toekoms. Baie mooi area en ek het veilig gevoel daar."
"Die ligging was perfek vir ons, want dit is baie naby aan Kloof Hospitaal. Ek weet nie of dit regtig 'n toeristebestemming is nie."
"Baie netjiese area, alle geriewe en winkels in nabye area. Kan met alle gemoedsrus aanbeveel."
"Vir iemand wat glad nie vertroud en op my gemak is met die stad nie, was my tydjie in daardie omgewing heel lekker, en ek het baie veilig gevoel, asook was dit nie moeilik om Cosy Cottage te kry nie! Erasmuskloof sal my gou weer sien, want als is lekker naby geleë."
"Dit sal goed wees as daar 'n verskeidenheid restaurante beskikbaar is en nie net een nie."
"'n Voorstel: Met die huidige klimaat en hael wat meer voorkom maak ek net 'n aanbevelig dat daar moontlik gekyk moet word na onderdakparkering."
"Naby alles, ten opsigte van toegangsroetes, hospitale en inkopiesentrums. Pragtige omgewing."