Geverifieerde Resensie
Fichardt Park
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Fichardt Park bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 136 resensies.
"Ons hou nie baie daarvan om in 'n woonbuurt in 'n gastehuis te bly nie. Die idee van 'n gewone huis wat net hier en daar verander is om baie mense te akkommodeer sit my totaal af. Die omgewing speel ook maar 'n belangrike rol, die huise in omgewing ens. "
"Baie veilige en rustige area. Baie netjies en naby aan die nodigste inkopiesentrums. "
"Goed geleë vanwaar die reisiger gemaklik die Vrouemonument en Ooorlogsmuseum kan besoek. Voorts kan President Brand-straat met sy geskiedkundige geboue (Ou Raadsaal, Appélhof, MT Steynhuis, Stadsaal) en selfs Navil Hill, gemaklik besoek kan word."
"Gewoonlik algemene buurt. Nie vir die "upper class" nie. Dié sal definitief fout vind! "
"Daar is 'n paar gastehuise wat baie netjies is en alles bied teen 'n bekostigbare prys."
"Dis maar 'n gewone voorstad wat wel rustig en veilig voorkom. Dit is ook sentraal geleë."
"Die gastehuis is in 'n stil straatjie, af van die besige dubbelpad. Dit is gerieflik naby die hipermark, Hyperama en Rosepark Hospitaal. "