Geverifieerde Resensie
Franskraal
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Franskraal bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 54 resensies.
"Lekker, maar wind was erg. Weet nie of dit altyd so erg waai nie aangesien dit 'n eerste keer in Franskraal was. "
"Franskraal het 'n lang oop strand (met en sonder rotse) met 'n paadjie wat al langs die see loop. Dis rustig en skoon en 'n lafenis vir die siel. "
"Lekker baie om te doen en om te sien. Goeie eetplekke, genoeg winkels en mooi natuur."
"Baie rustige kusdorpie met besoekers wat soggens en saans gaan stap met hulle gesinne en honde. 'n Draai roomys by die kafee is 'n moet!"
"We were there for our daughter’s wedding and it was 10/10. As a holiday destination perfect if you’re looking for something extremely quiet and laid back - sleepy town, but clean and friendly."
"Ons dit geniet om Kleinbaai se penguin sanctuary te besoek en deur Franskraal te ry om die see te gaan sien."
"As jy regtig rus vir die siel nodig het is Franskraal beslis die plek om te wees. Dit is nog een van die min kusdorpe wat nog nie straatligte het nie en dit vat jou in 'n oogwink weg van die gejaag van die stad. As jy wil vakansie hou en nie lus is vir kos maak nie, is daar 'n hele paar goeie restaurante in die omgewing met die vriendelikheid wat jy amper net by plaasmense kry. Franskraal is beslis een van die lekkerste plekke om rus vir jou siel te gaan soek."
"Heerlik rustig, in die sin dat dit nie oor-gekommersialiseer is nie."
"Just another seaside holiday town. Close enough to Cape Town, but also further enough away."
"Ons sal Franskraal oorweeg vir aftrede. Groeneweide en Kuslangs se kos was absoluut heerlik en waarde vir geld. 'n Koffie winkel met 'n uitsig oor die see en ligte middagetes daar sal absoluut heerlik wees."
"Franskraal is 'n baie rustige en netjiese bestemming, weg van die stede se gewoel. Die mense is baie vriendelik. Ongelukkig was die weer bietjie koud op die tyd wat ons daar aangekom het, maar daaroor het niemand beheer nie. "