Verified Reviews
Franskraal
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Franskraal
Rated 4.6 out of 5 based on 130 reviews.
"Ons dit geniet om Kleinbaai se penguin sanctuary te besoek en deur Franskraal te ry om die see te gaan sien."
"Pragtige plekkie, vriendelike mense, beslis 'n groot familie-vriendelike vakansie plek. "
"Franskraal is 'n pragtige plek en met hul op en wakker sekuriteit is dit 'n veilige plek. "
"As jy regtig rus vir die siel nodig het is Franskraal beslis die plek om te wees. Dit is nog een van die min kusdorpe wat nog nie straatligte het nie en dit vat jou in 'n oogwink weg van die gejaag van die stad. As jy wil vakansie hou en nie lus is vir kos maak nie, is daar 'n hele paar goeie restaurante in die omgewing met die vriendelikheid wat jy amper net by plaasmense kry. Franskraal is beslis een van die lekkerste plekke om rus vir jou siel te gaan soek."
"Heerlik rustig, in die sin dat dit nie oor-gekommersialiseer is nie."
"Dis rustig vir die mense wat van rustigheid hou. Dis heerlik om strandlangs te kan stap en die natuur te kan geniet. Jy kan ver stap langs die strand en seekus. Baie vriendelike mense."
"Franskraal het net 'n vakansie-atmosfeer en is een van die heerlikste plekke om te gaan bly."
"Just another seaside holiday town. Close enough to Cape Town, but also further enough away."
"Die museum het sekerlik potensiaal, maar lyk bietjie na 'n kraaines. Swak beligting."
"The place is very amazing and a lot to see in the area. The views are so great and the peacefulness is great."
"Wat 'n pragtige plekkie! Enigste bekommernis is dat mense baie vinnig met hulle voertuie ry."