Geverifieerde Resensie
Franskraal
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Franskraal bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 130 resensies.
"Slegs 'n dorpie naby aan see geleë. Nie veel om te besigtig. Wel een van die visvang bestemmings."
"Franskraal as toeristebestemming is vir seker 'n moet vir elke mens wat Suid-Afrika besoek!"
"'n Stukkie paradys, heerlik vir ver stap of draf. Die weer was uitstekend toe ons daar was!"
"Pragtig, onbesoedel, rustig, wonderlike mense wat net heeltyd reg is om 'n geselsie aan te knoop. Die wonderlikste natuurskoon. 'n Lafenis vir 'n moëe siel."
"Ons sal Franskraal oorweeg vir aftrede. Groeneweide en Kuslangs se kos was absoluut heerlik en waarde vir geld. 'n Koffie winkel met 'n uitsig oor die see en ligte middagetes daar sal absoluut heerlik wees."
"Baie netjies en stil. Ons sou graag met vrymoedigheid die honde op 'n gedeelte van die strandgebied laat rondhardloop."
"Heerlik rustig, met nodige geriefswinkels, wassery beskikbaar en natuurlik die lieflike see-uitsig!"
"Franskraal is 'n pragtige dorp met baie skoon strande. Ongelukkig word Seaview Drive ontsier deur menige raserige duinebesies en bakkies wat doelloos op en af jaag. Oorweging sal definitief gegee moet word aan spoedhobbels in Seaview Drive."
"As jy opsoek is na 'n rustige kusdorpvakansie, dan is Franskraal die perfekte ligging, vêr weg van al die besige dorpe. Inwoners van die dorp word heeldag gesien met hulle troeteldiere wat gebruik maak van die pragtige wandelpaadjie al langs die kus."
"Franskraal is 'n rustige klein dorpie en die mense is almal baie gaaf en vriendelik. Almal is Afrikaans en ons het heerlik daar gebly."
"Franskraal is 'n baie rustige en netjiese bestemming, weg van die stede se gewoel. Die mense is baie vriendelik. Ongelukkig was die weer bietjie koud op die tyd wat ons daar aangekom het, maar daaroor het niemand beheer nie. "