Geverifieerde Resensie
Garsfontein
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Garsfontein bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 35 resensies.
"Sunbird is perfek geleë indien jy iemand in die hospitaal het, jy kan letterlik stap as jy sou wou."
"Ons was vir mediese redes in die area en kan dus nie veel oor toerisme van die area kommentaar lewer nie. Dit lyk wel of dit baie sentraal is vir die Gautrein en ander ander toeriste-attraksies. "
"Indien ons Pretoria besoek is dit gewoonlik vir doktersbesoeke en dan is Garsfontein vir ons ideaal, dis naby hospitale, winkelsentrums en veilig. "
"Dis 'n veilige woongebied met groot winkelsentrums skole en goeie hospitale."
"Garsfontein het my beïndruk. Skoon woonbuurt met pragtige huise en welige plantegroei. "
"Dis 'n stil area en ek het baie veilig gevoel. Selfs die verkeer is baie min."
"Met Atterbury Value Mart net om die draai kon ons sommer baie van ons inkopies daar gedoen kry. Beslis ‘n plus vir ons plattelanders!"
"Tans kan ek nie sien dat Garsfontein 'n toeristemekka is nie. Met die voltooiing van Menlyn Main en gepaardgaande eiendomontwikkelling gaan dinge verander. Garsfontein is 'n baie natuurlike, boomryke en mooi omgewing. "