Geverifieerde Resensie
George
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in George bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 1706 resensies.
"Pragtige skoon toeriste-vriendelike dorp. Wil daar gaan aftree eendag. Nr 1 in die hele land!"
"Baie mooi strandjie met goeie privaatheid buite-seisoen, maar kan bietjie oor-besig raak binne-seisoen - soos meeste strande van hierdie kaliber. Ook binne maklike bereik vanaf George Lughawe en die dorp self."
"Dit is jammer daar is nie meer restaurante nie, dis so mooi, maar mens moet ry om ander eetplekkies ens te kan kry, maar pragtig daar!"
"Heroldsbaai kort bietjie meer geriewe soos 'n ATM en meer restaurante, maar tog 'n rustige plek om tuis te gaan."
"George is 'n pragtige dorp en is lekker sentraal geleë. Ons dink selfs om dalk daar af te tree. "
"Een van die skoonste dorpe wat ek in jare gesien het en al die mense is vriendelik. George kan Suid-Afrika wys hoe paaie in stand gehou moet word."
"We were fortunate, George put on its best weather for our stay and added to the wonderful experience."
"George is 'n baie netjies dorp en ek sal altyd teruggaan na George."