Geverifieerde Resensie
Glentana
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Glentana bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 35 resensies.
"Baie mooi en skoon area en daar is goeie Spar en die De Dekke restaurant naby."
"Dit is pragtig alhoewel ons nie veel tyd daar gespandeer het nie. Beslis 5 ster-gehalte"
"Dis 'n vriendelike en skoon dorp. Baie sentraal geleë van George en Mosselbaai."
"Die tyd van die jaar heerlik stil. Netjies en veilig, lekker groot sandstrand en golwe. Egter nie iets vir iemand wat heeltyd vermaak wil word nie. Daar is net een restaurant en kroeg en baie klein winkel, maar alle geriewe is in Grootbrak sowat 15 min se ry."
"Pragtig, skoon, veilig en "lekker" mense! Stil strand en "well manicured". 'n Heerlike plek vir siel en liggaam."
"Veilig en nie overcrowded nie. Skoon see, fantastiese matige weer, skoon kusdorpie naby lughawe en tussen Mosselbaai en George. Heerlik om Tuinroete van daar af te verken!"
"Lang en mooi strande met lekker ver stappe langs die see moontlik en potensiaal vir rotshengel aan die Oostekant. Alhoewel daar onverwags baie mis was in die afwesigheid van winde tydens ons besoek van drie dae, is die weer lekker en gematig. Glentana was nog altyd en is steeds 'n baie goeie bestemming! "
"Not on the beach front but close enough to walk to it. We didn't explore the area (were there for a wedding). "