Geverifieerde Resensie
Gordon's Bay
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Gordon's Bay bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 423 resensies.
"Gordonsbaai is wonderlike vir toeriste. Dit is ons tweede vakansie en ons sal definitief weer kom."
"Was my eerste keer om daar te bly en het dit geniet. Familie bly in en om Gordonsbaai en Strand wat dit sentraal gemaak het."
"Besoek gerus die Thirsty Oyster Tavern as jy in Gordonsbaai kuier. Uitstekende seekos."
"Dit was my 2de keer dat ek vir langer as sewe dae in Gordonsbaai gebly het. Alle winkels wat benodig word is nabygeleë. Die enigste negatiewe opmerking was maar net die storm wind wat vanaf Donderdagmiddag tot ons vertrek Saterdagoggend, gewaai het maar dit is buite die menslike beheer. Gordonsbaai is ook bietjie rustiger as die stad self wat jou beter kwaliteit tyd gee."
"Met Bikini-beach wat weggespoel het jare gelede het dit die hoeveelheid mense op die strand en ongelukkig ook die gebruik van die strand effe beperk. Die restaurante (bv. Tallas) is goed geprys en meer as billik met hul porsies. Die dorpie is skoon en mooi."
"Vanaf Gordonsbaai is alle besienswaardighede wat ons wou besoek lekker naby gewees. Dit sluit nou in Tafelberg, Waterfront, Franschhoek, Paarl, Hermanus, Stellenbosch en Wellington. Beslis 'n aanbeveling as jy al die plekke wil besoek."
"Lovely community and friendly people everywhere you go, perfect town for relaxing."