Geverifieerde Resensie
Gordon's Bay
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Gordon's Bay bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 423 resensies.
"Gordonsbaai is sentraal geleë en ons het die dorp en omliggende area baie geniet, asook alle toerisme aantreklikhede baie geniet. Ons sal weer vinnig kom kuier."
"Gordonsbaai is 'n heerlike toeristebestemming en naby aan Grabouw omgewing waar daar SO baie is om te ervaar. "
"Very beautiful, quiet and nice. People are friendly, good fish restaurants."
"Ek en my gesin het vele kere in Gordonsbaai vakansie gehou oor die afgelope 5 jaar. Dis nog nommer een op my lys."
"Die plek is asemrowend met sy see- en berg-uitsigte. Sal dit enige tyd aanbeveel vir toeriste."
"Gordonsbaai se strand is nie meer wat dit was nie. Ons het telkens na die Strand se strand gery om daar te gaan stap en te gaan swem. "
"Gordonsbaai is 'n skoon, veilige en rustige dorp wat in seisoen 'n heerlike vakansie-atmosfeer het en omring is deur pragtige natuurskoon. "
"Gordonsbaai is 'n rustige bestemming met verskeie restaurante en supermarkte. Dit is sentraal geleë vir besoeke aan Kaapstad, Hermanus, Paarl, Franschhoek en Stellenbosch wat almal binne 'n uur se ry van Gordonsbaai af is. "
"Mense is vriendelik, baie winkels om jou as jy iets vinning wil koop. Sentrums is ook naby en het als wat jy nodig het. Strand is skoon en lieflik. Sal weer kom kuier."
"Baie mooi en skoon. Ons het aangename weer beleef en die mense is baie hulpvaardig en die dorp het van die beste restaurante en pubs. Dit is voorwaar 'n lekker plek. Ek sal weer daarnatoe gaan, nie net omdat dit so mooi en vreedsaam is nie, maar ook omdat ek familie daar het. Die kans is groot dat ek dikwels soontoe sal gaan. "
"Gordonsbaai is heerlik rustig. Dit bied 'n ideale basis vanwaar Kaapstad, Stellenbosch en wynroetes verken kan word. Daar is verskeie lekker kuier restaurante in die dorp en jy kan heerlike ontspan na 'n dag se rondrits en gewoel."