Geverifieerde Resensie
Gqeberha (Port Elizabeth)
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Gqeberha (Port Elizabeth) bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 1368 resensies.
"Daar is nie veel om te doen in PE nie, maar ek het familie en vriende daar so dit het die kuier spesiaal gemaak. Ons het by Off the Hook in die hawe gaan eet en dit was fenomenaal! Beste waarde vir geld met die seekos platters! Sal beslis weer daar gaan eet."
"Ons was op 2 Januarie 2022 daar en die aand was die strand vol en die strate vuil. Tot ons verbasing die volgende oggend toe ons 9 uur se kant uit ry om ons uitstappies te doen was alle strate en parke blinkskoon. Ons het nog nooit so iets ervaar nie. Sekere dele is 'n teleurstelling soos Bayworld, maar This is Eat het die lekkerste vis en seekos teen die hawe asook Somethings Good Roadhouse. Lekkerste kos en atmosfeer. Ons hoogtepunt vir die dag was Kagga Kamma Game Park. Dit was 2 aande, maar baie lekker!"
"Die stad se infrastruktuur is goed ingerig en daar is baie buitemuurse aktiwiteite om te doen en te besigtig. Die strande is lekker plekke om te ontspan en te swem. Die stad het ook verskillende winkelsentrums wat jy kan besoek."
"Lovely dunes and beaches and activities for children. Many game parks both Sanparks and private parks. Lovely hills and green areas for walking and picnicking. Arts and crafts to visit."
"Gqeberha die stad/dorp as self word nie instand gehou deur sy Minusipaliteit soos dit kan nie. Van die areas en plekke is vervalle. Min moeite word gedoen om toerisme te bevorder. Maar lekker vir 'n gewone SA-vakansie."
"Net dat die Boardwalk toe was en daar nie veel vir die kinders op die huidige oomblik om te doen nie."
"Die dorp gaan agteruit en die slaggate is erg. Dis 'n pragtige dorp maar agteruitgang is duidelik sigbaar."
"Gqeberha (Port Elizabeth) is a very friendly, service orientated city with great possibilities for the future."
"Gqeberha (Port Elizabeth) het ongelukkig ook prooi geval van slaggate wat nou op belangrike paaie voorkom. "
"Aangename vakansiebestemming wat 'n groot verskeidenheid doendinge en vermaak aanbied."