Geverifieerde Resensie
Graaff-Reinet
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Graaff-Reinet bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 1833 resensies.
"Kamdebo en Vallei van Verlatenheid 'n moet-besoek. Ons het een hele dag daar spandeer, maar twee sou beter wees."
"Ek sien nie Graaff-Reinet regtig as 'n toeristebestemming nie. Dis meer 'n oornag of 1-2 dae besoek aangesien daar nie veel is om te gaan sien of doen nie."
"Graaff-Reinet met sy besienswaardighede en restaurante is ’n mooi dorp om te besoek. Die Vallei van Verlatenheid is ’n moet. Net jammer dat museums met lockdown vlak 4 gesluit was. Dit sal goed wees indien die dorpsraad dalk ook dringender aandag kan skenk aan ’n klompie bergies in die middedorp wat ’n mens lastig val."
"We would love to come back post lockdown so we can visit the museums and restaurants. The Valley of Desolation is spectacular."
"Wonderlike dorp en het so lekker geëet! So vriendelik en Vallei van Verlatenheid was ongelooflik. Bly het tyd daar spandeer. Gaan definitief terug. Was heerlike belewenis."
"Sou net graag meer vry wou beweeg, maar Covid kelder dit so 'n bietjie, maar die dorp en omgewing het steeds sy bekoring."
"Vol pragtige, ou, historiese geboue en uitkyk op die Vlakte van Verlatenheid is 'n moet!"
"The Camdeboo National Park is worth the visit including a trip to the Valley of Desolation. There are many great local eating places in Graaff-Reinet as well."
"Dis die een plek wat ek dink almal moet besoek. Dis een van ons gereelde stopplekke vir 'n dag of twee as ons van Gauteng Kaapstad toe (of terug dan ook) reis."
"Pretty, well-preserved town despite a malfunctioning municipality. Hats off to all private citizens for their sterling efforts."
"Very clean town. The pavements could do with fixing up and the town needs more casual type cafe's but overall it's a great place to stay and lots of amazing places to visit."
"Lovely town, friendly people and loads to see. Valley of Desolation was crazily windy, but so worth the trip."
"Die pragtige Graaff-Reinet is definitief bestem vir toeriste, met al sy geskiedkundige geboue en asemrowende versamelings van vetplante en kaktusse."
"Dis 'n baie mooi, historiese dorpie met baie om te sien, te beleef en om aan herinner te word. Vallei van Verlatenheid 'n moet-belewenis. Sal weer gaan."
"Dorp is baie mooi bewaar, soveel moeite gedoen om karakter te behou."