Geverifieerde Resensie
Graaff-Reinet
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Graaff-Reinet bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 1833 resensies.
"Ek is mal oor Graaff-Reinet! Dit is klein, maar vir die omliggende dorpies is dit die "stad" wat byna alles het wat mens nodig om te oorleef in die Karoo."
"My voorouers het lank daar gewoon en my pa het daar grootgeword (Somersetstraat 66), so ons verbintenis is sterk."
"Dis 'n baie mooi dorp en al die mense waarmee ons te doen gekry het was ekstra vriendelik. Eetplek was net so lekker."
"Ek het net deurgery en kan nie regtig 'n indruk gee nie. Die dorp het baie karakter en die mooiste geboue soos die kerk wat 'n moet is om te sien."
"Graaff-Reinet is 'n lieflike dorp met baie mooi ou geboue en kerke. Die foto's en geskiedenis in die Pioneers restaurant is baie interessant."
"Die kaktustuin was ongelukkig toe in die middag. Die dorp het aandag nodig op party plekke, soos die park agter die kerk."
"Baie om te sien, lekker staproetes, en die Camdeboo Reservaat is 'n moet."
"Dankie tog vir mense soos Anton Rupert wat iets teug geploeg het in sy herkoms. Was vroeë 80-tiger jare daar vir werkdoeleindes en dit was toe al 'n pragtige ou dorpie met eie outydse karakter."