Geverifieerde Resensie
Graaff-Reinet
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Graaff-Reinet bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 1833 resensies.
"Graaff-Reinet is 'n pragtige plek met genoeg besienswaardighede om 'n gesin lekker besig te hou. Beslis 'n besoek werd."
"Only thing we didn't find was small souvenirs that day. Like spoon rests, tea bag holders, mugs etc."
"Pragtige veilige dorpie met mooi ou geboue en huise om te sien. Het wel nie te veel om te doen en sal sê die kuier moet nie te lank wees nie."
"Karoo omgewing is vir ons mooi en met paar interesanthede in die omgewing het ons 2 dae verbygesnel - sal enige tyd weer daarso oorbly."
"Dis 'n moet-sien, historiese dorpie. Die mooiste kerk in die land en die akkommodasie altyd lekker. Die gedenkwaardigheid van die huisies, laat mens voel soos uit van-melewe-se dae."
"Lovely and clean town. Visit the national park and see the Valley of Desolation!"
"Die agteruitgang van die dorp is opmerklik. Rommel is 'n probleem en daar word nie gepoog om die dorp meer aanskoulik te maak nie. Die rommel en onkruid by die ingang van die dorp is onaanvaarbaar."
"So netjies! Besoekers moet definitief die Vallei van Verlatenheid besoek.. Ongelooflik mooi! Hulle moet net nie Google Maps se pad volg soontoe nie, vra eerder in dorp die aanwysings."
"Lovely town to visit and have recommended to friends as worth a visit."
"Skoon, netjiese dorp met die mooiste ou huise en kerke. Wil nog die Kamdeboo park besoek!"
"Daar is nie 'n genoeg besighede waar 'n vinnige ontbyt geniet kan word nie. Die strate het slegs parallelparkeerplekke wat daartoe lei dat mens van eetplekke af moet parkeer. Dit voel ook nie veilig om jou kar met vakansie bagasie daar te stop nie. Eet eerder by die oornag akkommodasie self."
"Ek dink net dat mens tyd moet maak om met die plaaslike mense te praat en uit te vind waar die goeie plekke is om te besoek."
"Beautiful town. Visiting the cambidoo reserve and the valley of desolation makes Graff Reniet a perfect destonation."
"A beautiful town with so much history and meaning found in the most breathtaking Karoo landscape. It's a must see!"
"Ons het die aand gaan uiteet in die dorp, en personeel was baie vriendelik, en absoluut bewus van Covid higiëne, selfs beter as in Pretoria. Kon nie veel sien van dorp nie, tydwas beperk, maar ja, dit was lekker."