Geverifieerde Resensie
Graaff-Reinet
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Graaff-Reinet bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 1833 resensies.
"Die Vallei van Verlatenheid en Camdeboo is die trekpleisters. Die dorp het baie agteruit gegaan."
"Welbekende historiese dorp, slegs een aand geslaap, dus kan ek nie veel uitlaat nie. "
"Pragtige, historiese dorpie, maar die hoofstraat was ongelukkig vol rommel, wat toeriste kan afsit. Lekker Maria's koffie!"
"Daar is oral hoe drade en kameras, nie geweet daar is probleem in so 'n klein dorpie nie. Baie dwelm gebruikers orals in die parke en openbare areas."
"Die dorp wat 'n wonderlike kombinasie bied tussen geskiedenis, natuur, argitektuur, eet-ervarings, plattelandse gasvryheid en vista's. Mens ry nie net deur Graaff-Reinet nie, jy bly oor!"
"Dorpie met baie interessante plekke om te besoek - baie geskiedenis en onverwagte mooi natuurskoon."
"Vallei van Verlatenheid met sy asemrowende uitsig oor Graaff-Reinet en die rotsformasie is 'n absolute moet!"
"Die hoeveelheid rommel in die strate is kommerwekkend. Ons het Graaff-Reinet nog nooit so vuil gesien nie."
"'n Paar aangename plekke om te besoek, veral die Vallei van Verlatenheid. Baie warm, so maak seker jou verblyf plek het 'n swembad."
"Baie historiese plekke in en om Graaff-Reinet. Dit is immers die vierde oudste dorp in Suid-Afrika. Sal definitief weer daar oornag en beslis oorweeg om dalk 'n dag langer te bly."
"Ons was verstom dat bykans al die restaurante vol bespreek was toe ons daar oorgebly het. Sou dus aanbeveel dat reisigers vooraf vir aandete bespreek tydens vakansietyd."