Geverifieerde Resensie
Graaff-Reinet
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Graaff-Reinet bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 1833 resensies.
"Graaff-Reinet is 'n pragtige, skoon dorp met vriendelike mense. Polkadot Restaurant is 'n uitstekende keuse, vriendelike diens en baie lekker kos."
"Beslis 'n dorp met baie geskiedenis en beslis die moeite werd om meer tyd te spandeer as bloot net te oornag. Die omgewing is pragtig, net jammer dat die strate ook oorgeneem word deur bedelaars en besope mense wat 'n gevaar is vir motoriste. Geen polisiëring was in sig op enige van die tye wat ons daar was nie - laat jou effe onveilig voel in so 'n pragtige dorp waar besoekers maklik van een plek na ander kan loop."
"Heelwat om te sien en te doen in en om die dorp. 'n Mens kan maklik 3 tot 4 dae of self 5 dae hier spandeer."
"Fantastiese dorp, sal verseker weer terugkom. Ons het by our Yard geëet en dit was uitstekend."
"Stunning town with the valley of desolation view point a must plus the town beautiful architecture. Niue Bethesda is also a must and well worth a visit."
"Die dorp is 'n juweel in die middel van die Karoo, baie ryk aan geskiedenis en natuurskoon. Mens kan moeite doen om nie net deur te ry nie, maar bietjie hier te vertoef!"
"Die Valley of Desolation in die Kamdeboo Park is vir enige reisiger iets om te sien. Graaff-Reinet is een van die mees vooruitstrewende Karoo-dorpe met historiese erfenis."
"Altyd 'n wonderlike belewenis om die pragtige historiese Karoo-dorp te besoek!"
"Graaff-Reinet is 'n pragtige, rustige dorpie, mense is verskriklik vriendelik."
"Die dorp het baie vriendelike mense by alle winkels en restaurant, dit skep 'n goed indruk en daar is baie om te doen."
"Baie mooi dorp met historiese geboue. Opknapping nodig en diens lewering in strate nodig."
"Dit is 'n pragtige ou dorp met heelwat besienswaardighede. Oral hartlik ontvang. Vallei van Verlatenheid is 'n moet om te sien. Die pragtig gerestoureerde Hotel is ongelooflik mooi om te sien."
"Pragtige omgewing, veral die Vallei van verlatenheid saam met die Camdebo Park! Die geskiedkundige geboue is ook baie interessant. Sal dit beslis weer wil besoek."