Geverifieerde Resensie
Graaff-Reinet
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Graaff-Reinet bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 1833 resensies.
"Graaf-Reinet is 'n oulike dorpie met goeie besienswaardighede en baie lekker restaurante. Ons het net een aand oornag en was beïndruk met die netheid van die dorp en die interessante mooi geboue daar, sal enige iemand aanbeveel om die dorp ten minste een keer te besoek."
"Dit is jammer dat daar uitbundige mense oorkant die kerk was, mens wil graag foto's neem, maar met die geskreeu so oor en weer voel mens nie juis veilig nie."
"Daardie mense is nog regte mense. Sout van die aarde. Dit is baie mooi daar, baie besienswaardighede en ons het dit baie geniet. Ons het al die museums, Vallei van Verlatenheid en die kaktusplaas besoek. 'n Ware belewenis. Ook die uilhuis in Nieu Bethesda."
"'n Pragtige omgewing met uitsonderlike historiese en natuurplekke om te besoek. Lekker eetplekke om van te kies, goed geleë op pad van binneland na Oos- en Suid-Kaap."
"Ongelukkig nie veel tyd gehad om rond te kyk nie, maar vir die reisigers wat meer tyd het, gaan kyk asb. Daar in heelwat te sien."
"Ons was baie spyt dat ons slegs een aand daar oorgeslaap het - daar was soveel wat ons nog graag wou sien maar die tyd was te min."
"A very interesting place to visit. Lots of historical buildings and other sites. Valley of desolation is a must. "
"Daar is 'n lewendige atmosfeer in die klein dorpie met sy historiese huisies en geboue, asook allerhande interessante snuffelwinkels en eetplekke."
"Polka restaurant is baie stylvol met goeie kos. Personeel professioneel en baie vriendelik. "
"Baie om te sien. Hier is museums, geskiedkundige geboue, monumente, natuurreservaat en die Vallei van Verlatenheid en ook net 'n klipgooi ver van Nieu-Bethesda met al sy besienswaardighede. Beslis 'n besoek werd."
"Dis 'n pragtige Karoodorp met 'n ryk geskiedenis en baie besienswaardighede. Beplan om vir 'n paar dae terug te gaan om meer van die besienswaardighede te besoek."
"Pragtige skoon dorp met 'n ryke geskiedenis en wonderlike selfsorg-eenhede en gastehuise. Om die museum en Vallei van verlatenheid te besoek neem jou terug in tyd en bly 'n onvergeetlike ervaring."