Geverifieerde Resensie
Groot Marico
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Groot Marico bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 39 resensies.
"Rustige plaasatmosfeer, straatmark, mampoerproe en toer was ook baie lekker. Het bietjie meer tyd nodig gehad om meer te verken, maar sal weer gaan."
"Goot Marico is mooi, maar baie verwaarloos. Het uit gery Zeerust toe om inkopies te doen. Hulle het winkel op die dorp maar voldoen aan die basies."
"Access to river to swim could be made easier. Our visit to the eye was terrible. A very rude young man demanded R200 rand from us for parking on the grass which I declined to pay and left the area. The road was a nightmare."
"Baie vriendelike en gasvrye mense wat altyd behulpsaam is in die dorp en met enige iets wat mens sou nodig kry."
"Dit is jammer om te sien dat so 'n geskiedkundige klein dorpie so vervalle begin raak in 'n wêreld waar die ekonomie al moeiliker raak."
"Besoek beslis die infosentrum. Dit is die hart van die dorp en Santa is ’n wonderlike mens om te ontmoet."
"Baie klein dorpie, maar het die nodigste. Is mal oor die rustigheid en gasvryheid van die mense. Groot Marico het onder my vel ingekruip."
"Unbelievably tranquil, honest people and well worth eco-holiday. "
"Step back to a time where life is slower and people are a lot friendlier than we are used to today. Life is simple and unpretentious, the community is a community and very welcoming and embracing of visitors. Groot Marico is everything that city life is not and vice versa. So if you are an urbanite, it is not for you. If you seek tranquility and the slower pace of a time gone by, it is."
"Die bosveldfees wat gehou word oor die paasnaweek deur die NG Kerk Groot Marico was 'n groot aanloklikheid. Daar was baie lekkernye en vleis teen baie billike pryse om van te kies en te keur en vermaak vir oud en jonk. Die klein gemeenskap van Groot Marico het behoorlik uit sy nate gebars so dis 'n goeie tyd om Groot Marico te besoek."
"Behalwe vir die pragtige natuur is daar nie regtig iets in die omgewing om te geniet as daguitstappies nie."
"Die dorpie is maar sleg, maar die natuurlike omgewing soos by Hanging Garden is beeldskoon. "
"Groot Marico as dorp is vrot, die regering daar gee niks om vir die inwoners nie en dit is 'n skande dat so 'n dorpie so agteruitgaan, maar die mense van die dorp en gebied is baie vriendelik."
"Dit was so lekker by Evergreen. Ek het ongelukkig nie Groot Marico besoek nie."
"Die plekkie is bitter klein en die hele "dorp" maak toe teen sononder! Die vleis wat ek daar gekoop het was egter baie lekker."
"Die omgewing en natuur is pragtig! Die dorp self het ons egter effens terleurgestel."