Geverifieerde Resensie
Haenertsburg
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Haenertsburg bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 111 resensies.
"Ons het spesifiek gegaan om die MBT te ry en was baie teleurgesteld. Die roetes word glad nie na gekyk nie en het 'n paar keer verdwaal omdat dit nie behoorlik gemerk is nie. Sal definitief nie weer daar gaan ry nie maar die onus val op Magoebas Tourism en nie noodwendig Sequoia nie. "
"Pragtige, onbekende dorpie. Rustig met mooi, interessante winkeltjies en uitstekende restaurante. Naby, maar nie op die groot pad. "
"Baie mooi woude en natuurskoon. Klein dorpie en lekker restaurante. Die ideale plek vir die avontuurlustige persone wat hou van die buitelewe. Ons sal vir seker binnekort weer die area besoek."
"Dit is ver om te bereik, maar wanneer jy eers daar is, is daar 'n groot verskeidenheid aktiwiteite om van te kies, van bierproe tot bloubessies pluk, fietsry en stap. Restaurante hier bied uitsonderlike waarde vir geld."
"A quaint little village with some surprises, like a craft brewery, a cheese maker/organic farmer and lastly, a blue berry farm."
"Haenertsburg is n mooi plekkie, moeite werd om daar te stop vir n ontbytjie. Almal is baie vriendelik en behulpsaam."
"Most of the town is only open over weekends. It was disappointing as we were told about great places to see in and around Haenertsburg."
"Haenertsburg is 'n baie mooi en rustige dorpie en daar is baie te sien in die omgewing. Beslis 'n besoek werd!"
"Mooi ou dorpie in Moegaboeskloof. Veilige dorpie met vriendelike mense. Baie aktiwiteite in en om Harnertsburg en Magoebaskloof."
"Magical area with amazing forests and gardens. The end of September is the best time to go because all the cherry blossoms and azaleas are in bloom, which is a truly magical sight!"
"Eerste besoek aan die interessante dorpie (village). Die mense is vriendelik, die strate is skoon, die kos is lekker. Kan 'n besoek aan die plek aanbeveel en hoop om self weer te gaan kuier."
"Oulike dorpie. Ons sou wou gehad het dat die winkeltjies net bietjie later moes oopbly, want teen 19:00 het ons agtergekom het dat ons nie melk het nie en ons kon toe nerêns koop nie. Maar die restuarante is uitstekend met ‘n uitstekende uitsig en vriendelike mense. "
"So mooi dorpie met oulike eetplekkies. Sal vir seker weer die plekkie wil besoek en meer aktiwiteite doen."
"Baie rustige dorpie, teveel om te doen net vir 'n naweek, sal weer terug gaan maar vir 'n week."
"'n Heerlike bestemming vir 'n naweek wegbreek om rustig te wees, tyd saam met gesin te spandeer, fietsry, birding, visvang, hiking ens."
"Haenertsburg is 'n pragtige dorpie met die mooiste tuine. 'n Ideale plek om herinneringe bymekaar te maak."
"Pragtige dorpie geleë in asemrowende vallei, met verskeie aktiwiteite en restaurante! Sal sterk aan beveel!"
"Beeldskone area en die inwoners is uitstekend. Sal definitief weer 'n hele paar keer daar gaan kuier. "