Geverifieerde Resensie
Hanover
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Hanover bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 3.7 uit 5 gekry volgens 298 resensies.
"Was so cool gewees om alles te sien wat hul gebruik het op Vlug na Egipte (kykNET). Die dorpie is baie interessant en die boustyl moet asb nooit verlore gaan nie."
"Die besoek aan die geskiedkundige NG Kerk was die hoogtepunt. Daar is georganiseerde besigtigingstoere wat mens moet meemaak. Dit is ook 'n goeie idee om vooraf bietjie oor die geskiedenis van die dorpie te lees. "
"Warm and friendly people. We received excellent service at the local hotel. It is a clean, beautiful and friendly little town."
"Eintlik 'n goed bewaarde geheim! Sal 'n kort vakansie daar oorweeg - as die Karoo net eers weer reën gekry het!"
"Werklik verlate dorpie maar ideale oornag verblyf op pad Kaapstad toe."
"Die bedelaars bly 'n problem omdat ons hou van loop. As 'n bestemming is daar besoekpunte nodig soos sportfasiliteite, vermaak, winkels, geskiedenis. Dis net die laaste wat in oormaat is maar beter aangebied kan word. Maak nie saak nie, ek sal weer kom!"
"Het ongelukkig te laat daar aangekom om Hanover te besigtig, maar ek sal beslis weer daar aangaan."
"We have stayed at New Holme which is close by and preferred it. More expensive. Younger more suited to family. "
"Loved Hanover, lovely quaint little town. Enjoyed the walk about when we passed through the previous week."
"Hanover is klein en stil, maar het baie potensiaal. Dit is die ideale plek om te rus na en voor 'n lang dag se ry."
"Ons het ongelukkig so laat arriveer dat ons nie Hanover kon verken nie. Was wel by die pragtige kerk. Sou graag meer van die dorpie wou sien!"
"Daar kan beslis meer gedoen word om Hanover te bemark as middelpunt tussen JHB en Kaapstad."
"Die kerk en ander interessanthede het dit meer as net 'n oornagbestemming gemaak. "
"Besonders baie mense wat in die strate rondloop en selfs baklei, mens voel nie veilig nie."