Geverifieerde Resensie
Harrismith
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Harrismith bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 3.6 uit 5 gekry volgens 260 resensies.
"Ons was verbaas om te sien hoe mooi die dorp is. Het in die verlede net gery om by ons bestemming uit te kom maar nou sien ons eers wat ons gemis het."
"Baie beïndruk met die dorp, uitbreiding vind plaas en die dorp was rustig, skoon en gasvry oral waar ons gekom het."
"Die Bergview Engen-stop net buite Harrismith bied verskeie restaurante vir elkeen se onderskeie smaak. Die dorp self is eenvoudig uitgelê, veral as mens iets moet koop - in ons geval, 'n kortbroek vir my man. "
"Ongelukkig was ons tydjie in Harrismith te kort om te oordeel of dit 'n goeie toeristebestemming is. Wat ek wel kan sê is dat die mense van Harrismith baie vriendelik is."
"We enjoyed Harrismith. We went for Sunday lunch at Verkykerskop Smiley's Restaurant. It was so delicious and we loved the vibe. "
"Eertydse, pragtige dorp met ooglopende agteruitgang en gebrek aan eetplekke (as jy nie by die groot "franchises" wil aandoen nie)."
"Harrismith is 'n lekker naweek-bestemming, maar nie noodwendig vir 'n week of twee nie."