Geverifieerde Resensie
Hartenbos
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Hartenbos bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.8 uit 5 gekry volgens 825 resensies.
"Sentraal geleë tussen vele stede en rustig vakansie met alles wat ons wou ervaar. Winkels, mense en natuur mooi!"
"Het die res van my verblyf in De Branders geniet. Hartenbos bly die beste vakansie plek mits jy die regte verblyf kry. Die opgradering van Hartenbos is uitstekend. "
"Hartenbos is 'n wonderlike plek met ongelooflik baie dinge om te doen en te sien en baie gerieflik met al die nodige plekke en fasiliteite beskikbaar en dit dan ook loopafstand. Ek sal vir seker weer en weer teruggaan soontoe."
"Ons het vir baie jare Hartenbos besoek toe ons kinders nog in die laerskool was. Die veranderings wat sedertdien aangebring is, is uitstekend. Sover ons kon vasstel was dit steeds veilig, 'n aspek wat deesdae 'n vereiste vir vakansiegangers is."
"Hartenbos is regtig aan te beveel vir vakansie, veral as die swaeltjies ook daar is Januarie, Februarie en Maart dan sien ons weer ons ou vriende en kuier 'n hond uit 'n bos."
"Die plek om te wees. Naby aan al die omliggende dorpe met die allermooiste see reg by jou. Werlikwaar spesiaal!"
"Hartenbos en omgewing het meer as genoeg om enige gesin met kinders besig te hou. "
"Skoon strande. Veilige gebied. Mens kan ontspan en die lieflike wandelpaaie geniet. Dit bly ons nommer 1 keuse vir 'n seevakansie."
"Fantastiese vakansieplek met lekker weer en min wind. Alles is lekker naby en daar is genoeg te doen om kinders besig te hou."
"Hartenbos is 'n besonderse toerisme plek. Die geriewe vir die kinders is 'n Groot Bonus. "
"Die feit dat die Resturante en PnP ook op die perseel van die ATKV is, maak 'n hengse verskil. Hartenbos se klimaat is vir my baie gunstig en is vir my die middelpunt van die omgewing wat bv. George, Oudshoorn en Mosselbaai insluit. Hartenbos is net uitstekend."