Geverifieerde Resensie
Hartenbos
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Hartenbos bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.8 uit 5 gekry volgens 825 resensies.
"Hartenbos gee n lekker onstpanningsgevoel sodra jy die plekkie binne ry. Ek vertrou dat die nuwe speelparke wat gebou word nie te duur sal wees nie. Ek sal baie beslis weer by Suidersee 'n bespreking maak! Thumbs up for Suidersee! You guys rock!"
"Hartenbos is seker een van die lekkerste plekke om vakansie te hou met kinders. Al is die weer sleg is daar nog so baie om hulle mee besig te hou. Daar is regtig nie tyd vir verveeld by die huis sit nie."
"Ek sal baie baie graag die eienaar/s van hartenbos slaghuis wil geluk wens met die wonderlikste, heerlikste vleis wat ons daar gekoop het. Die hele slaghuis is so uiteengesit en toegerus om enige dagkamper of vakansiegangers wat wil braai so gemaklik te maak, want daar is van tuisgemaakte slaaie tot die heerlikste vleissoorte om van die kies. Daar is hout, steenkool, tange, houtaanstekers, roosters en nog wat. Die mense wat jou bedien is van die boonste gehalte en reg met goeie raad en hulp en die vriendelikheid straal uit hulle uit. Hartenbos slaghuis, julle is bobaas en ek wens dat julle aflewerings in Uitenhage gedoen het, want daai poniesterte van julle is iets uit hierdie wêreld. Weereens baie dankie. Julle sien ons gou weer. "
"During lunch time I invited my sister's family. Everybody was pleased about the place in such that they all would like to book there for our next camp meeting. We will be pleased if you can research other houses for next year, hopefully I will not lose this one."
"Altyd 'n lekker plek om te gaan vakansie hou, maar bietjie ver van Kaapstad vir 'n naweek-wegbreek."
"Pragtige plek wat mooi skoon is. Oral waar ons gestop het was die mense baie vriendelik en het Afrikaans gepraat wat lekker was, want van waar ons kom (Grahamstad) praat almal net Engels."
"Hartenbos is 'n baie mooi plek. Skoon, geen papiere en vuilgoed wat rondlê nie. Mense is vriendelik. Die nuwe Winkelsentrum gaan dit die plek maak om uit te hang vir vakansies."
"Hartenbos is rustig in die winter, die weer was fantasies, en die mense vriendelik."
"Fantastiese vakansieplek, onthou net om jou jas saam te vat, kan skielik net koel raak daar."