Geverifieerde Resensie
Hermanus
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Hermanus bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.8 uit 5 gekry volgens 2247 resensies.
"Restaurante was hierdie jaar teleurstellend. Die enigste uitsondering was Laus Cuisine."
"Net baie besig en die paaie is onvoldoende vir hierdie tyd van die jaar. Andersins: amazing!"
"Hermanus is a bit like a foreign country with all the street cafes and restaurants. Lot's of hidden corners with fantastic finds in the main centre. Spectacular views! Decembers are windy so on bad beach days one can explore the country side enjoying hikes, wine and cherries especially the the food markets. Try De vette mossel for the best seafood and entertainment venue. 10/10 for a relaxing holiday destination."
"Dit is baie besig in seisoen, bietjie baie verkeer op die paaie. Die plek word aanbeveel. Restaurante is waarde vir geld. By die see is daar genoeg swem- en baljaarplek."
"Hermanus is 'n pragtige dorpie langs die kus wat dit uniek maak met pragtige restaurante langs die see. Wat baie uitgestaan het is die liefde wat die mense vir hulle honde daar het. Pet-friendly little town. Love it!"
"Alhoewel Sandbaai nie in die hartjie van die toerisme-bedrywighede is nie, is dit naby genoeg aan Hermanus, die groot winkelsentrum en sentraal van ander besienswaardighede geleë. Dis juis die stiller omgewing wat dit 'n aangename plekkie maak om te rus."
"Die kombinasie van see, walvisse, mooi berge, vriendelike mense, hotelle en restaurante maak Hermanus top van die lys vir vakansie en sommer permanent bly."
"Hermanus is 'n pragtige, rustige en kalmerende omgewing. Sal definitief weer gaan."
"Hermanus is 'n pragtige klein dorpie met heerlike wynroetes naby. Ons het dit regtig baie geniet!"
"Die alles-in-een stukkie hemel teen die kus net 90 min se ry vanaf Kaapstad!"
"Netjiese area. Kon nie baie sien nie want ons het laat daar aangekom, maar waar ons was, was almal vriendelik en behulpsaam."
"Lekker rustig, nog nie deel van Hermanus se yuppies en gedruis nie, maar tog al die nodige geriewe binne bereik."