Geverifieerde Resensie
Hibiscus Coast
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Hibiscus Coast bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 3963 resensies.
"Baie goed. Alle geriewe soos veilige strande en inkopiesentrums naby. Besienswaardighede soos Oribi Gorge, Lake Eland Park en wildtuin naby. Sal definitief weer daar vakansie gaan hou."
"Margate is crowded over the festive season. However, service over this time is incredible, such as staff in the local restaurants are well trained and the quality of food was fantastic."
"Die hoofstraat is baie beknop met min of geen parkeerplek. Daar is amper niks om te doen wanneer dit reën nie."
"Margate se eetplekke is goed geleë en lewer goeie waarde vir geld. Veiligheid is goed en strand was skoon daagliks. Baie besienswaardighede. Sal definitief Margate weer besoek."
"Baie besig in Desember, maar dit is heerlik. Baie lekker swemstrand en lagune, asook groot seeswembad met grasperk. Ons het dit baie geniet."
"Nie baie besienswaardighede nie, maar 'n baie rustig plek, vriendelike mense. 'n Heerlike plek om te rus, maar ook genoeg afleiding omdat dit naby groot strande is. Sal enige tyd weer soontoe gaan."
"Die hele Ramsgate omgewing gee mens die gevoel van weg van die gewoel wees en bied rustigheid en vrede vir jou siel. Die ligging stel jou in staat om te beplan of jy na 'n besige strand, 'n winkelsentrum, woelige naglewe, of natuur of dieper die binneland in wil gaan. Al die moontlikhede met die wete dat jy later kan terugkeer na die kalmte en rustigheid van Ramsgate, die perfekte vakansie-bestemming."
"Ramsgate was nog altyd 'n aangename vakansiebestemming, en ons sal weer daar gaan vakansie hou."
"Die toegangspad is 'n probleem met die nuwe winkelsentrum. Baie besig voel of jy die N1 van Gauteng saamgevat het!"
"Ons het nou Umhlanga vir Margate geruil, alles is binne loopafstand as jy iets nodig het!"
"As jy rustigheid soek is dit heerlik en dit is tog naby Shelly vir shopping en aktiwiteite."