Geverifieerde Resensie
Hibiscus Coast
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Hibiscus Coast bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 3961 resensies.
"Strate is vervalle, winkels is leeg/toegemaak. Kos nie altyd vars wat jy in die restaurante en winkels koop / bestel nie."
"Shelly Beach, St Michaels on Sea en Uvongo is heerlike, besige vakansiedorpies. Margate self is besig om uit mense te loop buiteseisoen. Baie winkels is toe en daar gaan nie veel aan nie."
"Margate oor die algemeen is gewild. Was daar in die stil tyd en alles was rustig asook verkeer."
"Uvongo is baie lekker en sentraal geleë. Dit raak wel onaangenaam om af te stap strand toe met meer en meer manne wat sommer in die bosse bly langs die strand. Die munisipaliteit doen wel goeie werk met die instandhouding van paaie en bosse om die kusgebiede."
"Ramsgate is neater and less run down. I have been a regular visitor to Margate since the 1970s and am sad to see the potholes and empty properties."
"As familie was Margate altyd 'n vakansie avontuur om na uit te sien. Alhoewel daar steeds baie is om na uit te sien, is dit werklik hartseer om te beleef hoe meeste van die besienswaardighede waarmee ons groot geword het en soveel mooi herinneringe van oor het, toegemaak het of nie meer bestaan nie. Tog bied dit steeds vir my daardie wegbreek van die gejaag. Die wonderlike strande en see wat jou sorge wegspoel met elke gevoel en geluid van die brekende branders."
"Unfortunate over spending as I bumped into a porthole that night on arrival. Lost a tyre and also my mag wheel bent. I call it in life expect the unexpected. To be honest, my crew was happy when we got inside to our apartment at least."
"Die instandhouding van die paaie is iets wat aandag nodig het. Ek vermoed die lughawe wat van die Suidkus na Noordkus geskuif het en 2 die laaste jaar se Covid-beperkings het 'n redelike nadelige uitwerking op die Suidkus in geheel gehad. Margate soos van die ander plekkies toon agteruitgang en 'n vervalle voorkoms."
"Reasonably sized town with all major stores you would expect and need for your supplies."
"Strand word deur Metro polisie patrolleer wat goed is. Baie slaggate in die paaie op pad na strand vanaf d R620 verby Natalie's skulpmuseum."