Geverifieerde Resensie
Hondeklipbaai
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Hondeklipbaai bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 325 resensies.
"Die kunstenaars Villain en Mads kan gerus besoek word. Restaurante was vol en hoewel ons heel middag die Rooi Spinnekop gebel het was daar geen antwoord. Ons gaan toe buitendien en moes voor die Rooi Spinnekop omdraai. Kreef en Dop toe nie bespreek en moes ook omdraai. Enigste teleurstelling."
"Pad na Hondeklipbaai is 56 km op n sinkplaatgrondpad. Nie te lekker vir kleiner voertuie nie. Skeepswrakke en lighuise iets om te sien. Kos by Rooi Spinnekop Restaurant en Dop en Kreef die beste. "
"Moenie soontoe gaan as jy hou van winkels en dorpe en die hustle en bustle van bekende strande nie. Hierdie is 'n rus-jou-siel-plek. Ek sou so graag wou sien dat iemand iets doen vir die gemeenskap vir 'n inkomste. "
"Hondeklipbaai is 'n tipiese klein Weskusbestemming waarvandaan die omliggende omgewing verken kan word. Ons het twee keer by die Rooi Spinnekop restaurant geëet en dit baie geniet."
"Nie veel aktiwiteite nie, maar 'n oase vir lekker rus en kuier. Dop en kreef baie lekker kos."
"Very nice although it was very windy when we arrived expectedly so because of the ocean."
"Vars vis te koop by die hawe is lekker en die res van die gemeenskap is vriendelik."
"Baie afgesonder en soms moeilik om soontoe te ry maar dis absoluut deel van die pret en avontuur. Pragtige plekkie."
"Baie lekker, rustig. 'n Lekker wegbreek uit die stadslewe na 'n rustige omgewing vir vriende om saam te kuier. Ek sal vir seker weer gaan na Hondeklipbaai."
"Weereens was die Februarie besoek buite seisoen, en minder besig, maar dit pas ons so. Die dag toer met die skeepswrakke is 'n moet. Weer was wonderlik die tyd van die jaar. "
"Kort vir seker 'n plek waar jy na die see kan kyk en 'n koue wyn kan drink en vars vis kan geniet wat nie net in seisoen oop is nie."
"Dit is 'n baie stil plekkie, nie almal sal van dit hou nie, tensy jy gaan vir rus en vrede."
"Die grondpad is plek-plek bietjie sleg op die voertuie, maar as hy so nou en dan geskraap word sal dit wonderlik wees."
"Interessante dorpie met sy eie geskiedenis. Die toegang vanaf die N7 na Hondeklipbaai is 'n baie slegte grondpad die laaste 40 km."
"Dit is maar 'n regte klein vissersdorpie. Vat alles wat jy nodig het saam. Goed soos drank en ys kan wel daar gekoop word, maar die opsies is maar min. Ek raai ook aan om met 'n 4x4 voertuig te gaan. Ons eerste keer was met 'n kar en dit het bietjie vervelig geraak. Ons tweede keer was met 'n goeie 4x4 en dit het die hele streek vir ons oopgemaak en ons kan baie meer sien."
"Alhoewel Hondeklipbaai op enige reisiger se lysie moet wees, is daar nie veel om te doen nie. Dit is 'n mooi dorpie en ons het lekker gekuier by Dop en Kreef, en die mooi plekkies wat kenmerkend is aan Hondeklipbaai besoek. Ten minste twee dae is nodig om Hondeklipbaai te ervaar. "
"Dit hang seker van mens tot mens af wat jy soek. Vir ons was dit die pure rus en vrede en ons kon ons pap batterye weer laai. Jammer oor die armoede en werkloosheid wat heers, bykomende die waternood. Die mense is ongelooflik vriendelik en 'n mens voel ook baie veilig. "