Geverifieerde Resensie
Highlands Meander
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Highlands Meander bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 1509 resensies.
"Die dorpie moet eerlikwaar hul straatnaambordjies op sit. Ons kon nie die pad kry waar ons moes afdraai nie a.g.v. die name wat nie daar was nie. Die eienaars van Muddlers Minnow moes ons fisies kom haal in die dorp. Beter selfoonsein is ook belangrik. My selfoon het geen sein gehad in die dorp nie en ek kon glad nie iemand bel om te sê ek was verlore nie."
"Dit wat ons eerste besoek aan Dullstroom ─ wat 'n aangename verrassing! Ons het die eindelose winkeltjies en restaurante verskriklik geniet en was nie vir een oomblik verveeld nie. Die algemene gevoel en atmosfeer van die dorpie en die mense het ons besoek net soveel meer aangenaam gemaak, beslis 'n dorpie wat ons weer sal besoek. "
"Lekker plek wat voldoen aan al jou kuierbehoeftes, of dit nou binnenshuis is by verskeie kuierplekke voor 'n kaggel, of buite op 'n fiets/motorfiets, hengel of gholf. As jy verveeld is tydens jou besoek, is net jy daarvoor te blameer!"
"Lieflike toeristebestemming. Pragtige strate om in te stap. Rustige atmosfeer. Genoeg winkels. Naby lieflike gholfbaan. Genoeg om te doen in die omgewing. Ongekunsteld. Vriendelike mense. "
"Kan die dorp gebruik as gemaklike oornagpunt om dag ritte na Laeveld se besienswaardighede te doen. Die Dullstroom inwoners is baie vriendelik en behulpsaam. "
"One gets the sense that Dullstroom is a pleasant, pretty place to visit, but the hawkers are a bit aggressive, a problem noted in Hazy View and Pilgrim's Rest too. Perhaps there could be an attractive outdoor market area that could better accommodate them."
"Die winkels se produkte is baie duur en die deurpad vol gate, het stadig gery en nogtans 'n pap band gekry. Inwoners is baie vriendelik en hulpvaardig."
"Die regte plek met die skoonste lug. As jy wil wegkom van die stad se geraas en vuil lug."
"Dorpie is baie duur, elke tweede winkel verkoop dieselfde goed, maar lekker vir 'n naweekbreek."
"The Clock Shop is a must to visit. Be selective about where to eat, and book in advance! We looked at several reviews, and were disappointed. "
"The area is breathtaking and lovely roads. The area has many attractions. Added to my favourites."
"Mooi dorpie. Sal wel aanbeveel dat toeriste in die aand nie restaurante toe stap nie - onvoldoende beligting."
"Mens wil graag loop deur die dorpie. Sal wonderlik wees as hulle 'n voetganger en fietsrybaan langs die hoofstraat het. Die dorpie is geweldig oulik met interessante winkeltjies en restaurante. "