Geverifieerde Resensie
Highlands Meander
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Highlands Meander bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 1509 resensies.
"Sal enige tyd daar tyd spandeer. Ons is vriendelik gehelp in die winkels en die dame by Dullstroom Art en Crafts het uit haar pad gegaan om die lappe vir ons te maak soos ons dit wil hê. "
"Pragtige dorpie, baie skoon en netjies! Aanbeveling vir uitmuntende restaurant - Art @ Food!"
"Dullstroom is behoorlik ingerig vir die toeris. Daar is menige restaurante en winkeltjies en herinner aan 'n dorp soos Franschhoek of Hermanus. As jy lief is vir visvang, stap en boeklees is hierdie die plek vir jou. Die dorp se winkels en restaurante grens net soms 'n bietjie aan die duurder kant."
"Wens daar wil 'n historiese beheerliggaam gestig word vir die dorpie, soveel verwaarlosing doen afbreek aan mens se ervaring. Winkeltjies kan beman word met meer entoesiastiese verkoopspersoneel..."
Waterval Boven, Highlands Meander
Ellie's Self-Catering Cottage"Groot aanbeveling. Die stadraad moet asb belê daarin om die strate van Waterval Boven te teer!"
"Awesome dorpie... ons was oor 'n langnaweek daar en al die besoekers het gesorg vir 'n lekker vibe. "
"Die pad wat deur Dullstroom loop is ongelooflik besig en hulle kon die dorpie bietjie beter beplan het. Kar wagte en smouse was 'n groot PYN oor die langnaweek wat ons gegaan het. "
"Die pad na Dullstroom toe (van Belfast na Dullstroom) is baie sleg en vol slaggate. Dit sal nice wees as die pad reggemaak kan word. "
"Dullstroom self is wonderlik. Baie lekker vir 'n naweekwegbreek. Allerhande interessante goed om te doen."
Machadodorp, Highlands Meander
Lowveld Country Lodge"Absoluut goed geleë nie te ver van Johannesburg/Pretoria af nie en naby Dullstroom! "
Waterval Boven, Highlands Meander
Luilekker Guest House"Het slegs oorgeslaap en nie Waterval Boven besoek nie."
"Baie mooi , koud in winter, daarvoor is voorsiening gemaak, met kaggelvure. Restaurante bedien puik kos."
"Doen die voëlpark, whiskey, bierproe en maak seker jy eet 'n ontbyt by art of food! Beste restaurant in Mpumalanga! "
"Ons het die dorpie en sy mense terdeë geniet. Lekker kuierplekke en oral was ons soos ou kennise ontvang. Die Dullstroom Inn se oxtail is 'n moet vir almal. "
"Altyd lekker om daar te kuier. Uiteindelik ook ordentlike koffie beskikbaar by Pickles and Things."
"Dullstroom is 'n pragtige plek. Natuurskoon is asemrowend mooi, en die winkeltjies bied 'n groot verskeidenheid. Bird of prey sentrum 'n absolute moet om Te besoek. Sal definitief weer in Dullstroom gaan kuier. "