Geverifieerde Resensie
Hopetown
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Hopetown bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 3.3 uit 5 gekry volgens 189 resensies.
"Die betrokke munisipaliteit moet 'n ernstige poging aanwend om sy strate op te gradeer/verbeter!"
"Hopetown is a run-down town with some hidden gems that locals would have to point out. The state of the roads in town is bad - uneven, potholed roads and there are many dilapidated buildings, such as clubs, houses, a church. I cannot help but think that there is much-untapped potential here. But currently, a good guest house is valuable on one's way through."
"Alles is toe, vervalle, maar die plaaslike Boere koöperasie is 'n lus vir die oog."
"Vriendelike mense. Lekker om kinders in die straat te sien speel. Die ou wabrug se aanduiding buite die dorp het ontbreek, maar kon dit wel opspoor."
"Hopetown die dorpie is 'n bietjie verlate met 'n probleem van restaurante wat nie oor naweke baie laat oopbly nie."
"Dit is die perfekte halfpad-stop as jy van Gauteng/Limpopo moet Kaap toe reis."
"Die toegangspaaie na verskeie van die verblyfplekke verdien opknapping. Ek het die idee gekry dat die meeste strate nie geteer is nie. Dit kan gasthuiseienaars in 'n mate benadeel. Let wel: Dit is 'n munisipale probleem!"
"Ongelukkig het die reuk van brandende buitebande na die ANC-oproer lank in die lug bly hang."
"Lyk na 'n baie stil plattelandse plekkie met min te doen in 'n rustige omgewing."
"Goeie oornagplek tussen Kaap en Gauteng. Dorpie baie verwaarloos, maar mense vriendelik."