Geverifieerde Resensie
Humewood
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Humewood bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 50 resensies.
"Pragtige bestemming maar voel nie altyd veilig nie. Veral na donker."
"In Humewood is jy by alles wat gebeur, die gewoel van vakansiegangers en boardwalk naby, maar tog voel jy veilig in die gebied. En natuurlik die aand uitsig oor die hawe en "pier" is net ongelooflik. "
"Ons was beïndruk met die promenade waarlangs ons veilig kon gaan stap, en wat netjies en skoon gehou word."
"Sal altyd my bestemming bly wanneer op vakansie is in Port Elizabeth, hou aan die plek ontwikkel en moet nie tou opgooi nie. Waar daar 'n wil is is 'n weg!"