Geverifieerde Resensie
Illovo Beach
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Illovo Beach bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 49 resensies.
"Pragtige strand, maar voel nie so veilig nie. Bietjie afgesonderd en weereens nie geskik vir alleen stap, sonbaai en swem nie. "
"Dis 'n baie lekker area vir mense wat die woelige stadsgeraas wil afskud vir 'n paar dae en net die rustigheid van die see wil geniet."
"Safe place and a lot to see and do. People very friendly and everyone eager to help make your stay awesome. Even the car guard at beach ready to help with anything. "
"Lekker om vis te vang, maar nie bedoel vir ouers net kinders wat op die stand wil gaan loop en om in die see te swem nie, maar daar is goeie strande baie naby."
"We prefer the smaller towns along the coast line. Its not that busy and still the beauty is breath taking. The town has all you need with regards to your shopping needs and are close to the bigger attractions should you wish to visit them."
"Sal lekke wees as daar 'n swem strand naby was in loopafstand met lewensredders aan diens. "
"Het 6 jaar daar gewoon en nou onlangs vakansie gaan hou. Baie stil plekkie langs die see. "
"Ons was daar vir 'n strand troue. Dit was alles baie mooi en ons het dit baie geniet."
"Ons het na Winkelspruit se strand gery wat net 'n klipgooi van Illovo af is oor daar nie veilige parkering, mense of lewensredders by Illovo is nie en die paadjie strand toe het ons bietjie bang gemaak. "
"Ons het nie uit die oord gegaan nie, maar weet van die kwekery. Vir ons is dit maklik bereikbare bestemming."
"'n Aanbeveling vir al my familie en vriende om na Illovo beach te gaan."
"Hierdie was die derde keer wat ek by Illovo Beach gaan uitspan en my eerste keer by Seaspray Cabins. Ek hou van die stilte daar en die feit dat daar so min mense op hierdie pragtige lang strand is."