Geverifieerde Resensie
Jacobs Bay
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Jacobs Bay bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 566 resensies.
"Een van die mooiste plekkies langs die Weskus. Stil en klein met baie plek om te stap."
"Jacobsbaai is beslis nie 'n toeristebestemming nie. Daar is amper niks behalwe 'n paar huise nie, maar dit is perfek vir 'n rustige en stil naweek weg met geliefdes."
"Stil, rustige kusdorpie en naby genoeg aan die groter dorp vir die alledaagse geriewe."
"Vriendelike inwoners wat jou groet as jy stap. Daar is stapplek vir jou, jou gesin en die honde."
"Pragtige argitektuur, maar wanneer die mis oor die dorpie neersak is daar niks om te sien of te doen nie."
"Pragtige dorpie vir mense wat 'n rustige wegbreek soek. Die eet- en kuierplekke is baie aangenaam en warm ontvangs is eie aan weskus. Sal weer gaan."
"Jacobs Bay has a very special place in my heart, it is a little piece of paradise! It has a healing beauty. The people are very friendly. I would recommend paying a visit to Pixie's Backpackers, they have this magical pixie garden. It is an unspoiled, little fishing village, with a beautiful beach in front of Weskus plek restaurant and if you walk over the dunes you will find another stunning beach with white sands."
"Jacobsbaai is baie sentraal naby Saldanha, Velddrif, Paternoster en Langebaan geleë. Baie oulike stappaadjies na die see. Rustig en weg van al die gewoel, maar naby genoeg aan ander Weskusdorpies om te besoek. Restaurante en superette vir noodsaaklikhede in die dorpie. Amper oral 'n see-uitsig."
"Wees voorbereid met genoeg kos en alkohol. Klein winkeltjie wat nie veel bied nie en geen drankwinkel op dorp nie."