Geverifieerde Resensie
Jeffreys Bay
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Jeffreys Bay bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 1352 resensies.
"Jeffreysbaai is 'n baie mooi, rustig en veilige plek. Mense is vriendelik by die winkels, maar net te min uitgaanplekke vir mense wat nie drink nie. Moes ook maar uitry om plekke te sien en te ervaar maar sal beslis weer gaan kuier."
"Dit is een van die mooiste plekke in die Oos-Kaap, maar die paaie is in 'n slegte toestand."
"Prakties, stiller en redelik sentraal geleë. Sal eerder hier bly as te naby aan die hoofstrand, jy het alles om jou en niks is te ver nie."
Marina Martinique, Jeffreysbaai
Claptons 18 Jeffreysbaai"Die Marina Martinique is pragtig, maar mens moet ver deur 'n informele nedersetting ry om daar uit te kom."
"Droom dorpie, regte dorpie om in af te tree met die mooiste strande en vriendelikste mense."
Marina Martinique, Jeffreysbaai
17 Claptons"Oulike plekkie met goeie ligging en veiligheid en komplekse is ten alle tye skoon en netjies. "
"Pragtige plek. Die foto's spreek boekdele. Die netheid en reuk in die plek is 'n teken van perfekte huishouding. Baie dankie."
"Jeffreysbaai is 'n wonderlike vakansiebestemming vir ouers met klein kinders. Het genoeg gehad om ons kinders mee besig te hou."