Geverifieerde Resensie
Jeffreys Bay
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Jeffreys Bay bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 1352 resensies.
"Hierdie unieke dorp lê vir my baie na aan die hart! Die inwoners se ongelooflike vriendelikheid staan bo alles uit! Moet ten minste twee keer per jaar besoek word."
"As swem nie die hoofgedagte van die vakansie is nie, is Jeffreysbaai nie die regte opsie nie. Die strand is pragtig!"
"Enige iemand wat graag vir 'n week lank op die strand wil stap en skulpies optel moet Wavecrest prober - dit was heelik."
Marina Martinique, Jeffreysbaai
Kingston Share"Plek is baie goed in stand gehou en veilig. Kan dalk oorweging gee aan 'n kafee waar basiese benodighede aangekoop kan word."
"Lekker sentraal geleë. Goeie woonbuurt. Baie eetplekke."
"As jy ontspan by die see, is dit net die regte plek. Daar is baie oulike plekke om te besoek, nie te ver van daar nie."
"Die strandgebied is al 'n bietjie oud en verwaarloos. Tydens ons besoek was dit vuil, en dit het ons baie gepla! "
"Claptons is relatief skoon en stil. Ons was egter geskok oor die hoeveelheid rommel op die hoofstrand. Die omgewing van Jeffrey's is pragtig en dis naby aan baie ander mooi plekke."
Marina Martinique, Jeffreysbaai
Abundance"Dit is 'n pragtige vakansiebestemming. Dit is nie die oord se skuld nie, maar die wind wat 6 DAE AANMEKAAR gewaai het, maak jou mismoedig!"
"Mooi area met mooi see en lagoon. Nie 'n swemstrand nie en bietjie ver van middedorp en hoofstrand."
Marina Martinique, Jeffreysbaai
Marina Martinique B&B"Baie lekker atmosfeer en baie aangename ervaring."
Marina Martinique, Jeffreysbaai
Tobago Bed & Breakfast"Marina Martinique is 'n goeie bestemming. Dis darem veilig binne die marina en die kanale is lekker om in te swem en maak vir mooi sunsets."
"Wonderlike bestemming - net jammer die naaste hospitaal is ver. Lekker koffiewinkels in omgewing. "