Geverifieerde Resensie
Jongensfontein
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Jongensfontein bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.8 uit 5 gekry volgens 169 resensies.
"Quiet, safe, good surfing, good vibe. Close to Stilbaai for more amenities."
"Ek het my hart op die plek verloor! Ek gaan definitief weer daar kuier en die keer baie langer daar vertoef!"
"Pragtig en baie stil. Min winkels en eetplekkies. Jy moet Stilbaai toe ry vir meeste dinge, dit is darem net tien minute weg."
"Baie mooi omgewing en see-uitsigte. Rotspoel 'n bate en Drie Pikkewyne die enigste eetplek besig om reg te maak vir vakansie. Raserig en pryse bo gemiddeld."
"Baie lekker rustige plekkie as jy wil ontsnap van die besige stadslewe, natuurlik buite seisoen."
"Baie mooi en rustige plek sal enige een aan raai om soontoe te gaan."
"Jongensfontein is 'n lekker kusdorpie, maar daar is geen goeie swemplek in die see nie. Net rotse. Dis pragtig, maar nie vir die mense wat in die branders wil baljaar nie. Pragtige klein plekkie met genoeg winkels om die nodige aan te koop."
"Dis 'n mooi dorpie. Was bietjie kort daar om te noem of daar iets kort of nie. Maar met Stilbaai om die draai glo ek nie mens sal sukkel om iets in die hande te kry nie. "
"Hier kan tyd nog vir 'n rukkie stilstaan en die fokus is die see. Pragtige omgewing."
"Dit was so lekker om in so 'n skoon omgewing vakansie te hou. Die aalwyne in volle blom is prentjie mooi."
"Hierdie is een van die land se beste ware vakansiedorpies. Kinders kan sorgeloos speel, heerlik vir stap, ontspan en die natuur geniet. Bly weg as jy neon ligte en vermaak soek - dan is jy by die verkeerde plek."
"Amper net so mooi soos ons eie Reebok. Vriendelike, hulpvaardig mense. Besoek Drie Pikkewyne, lekker seekos. "