Verified Reviews
Cape Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Cape Karoo
Rated 4.5 out of 5 based on 1989 reviews.
"Behalwe vir sterrekyk en 'n paar besienswaardighede is hier nie veel om te doen nie. Plekke soos die historiese begrafplaas behoort beslis opgeknap te word. Die dorp het heelwat potensiaal vir alternatiewe moontlikhede."
"Great Karoo experience with friendly people, great food and a must to attend the star-gazing with Jurg."
"Ons het die gasvryheid van Merweville eerstehands ervaar. Van Thea wat spesiaal die petrolpomp moes kom oopsluit sodat ons na 2 kan petrol kry, tot rugby kyk by Colin en 'n hewige kuier daarna! En dan in die pikdonker, tjoepstil dorpie terugstap huistoe en die duisende sterre beleef. Ons kon ongelukkig nie enige van die winkeltjies besoek nie, aangesien als 2 uur toemaak en ons eers daarna daar aangekom het. Dit was 'n wonderlike besoek wat ons nog lank sal bybly."
"Pragtige dorpie, baie om te doen. Goeie restaurante, ry oor Swartbergpas is baie besonders."
"Pragtige skoon dorp met verskeidenheid winkeltjies, pragtige historiese geboue en ander besienswaardighede. Ons het te alle tye veilig gevoel in die dorp."
"Vir iemand wat graag olywe en olyfolie gebruik was dit nog altyd pragtig. Besoek graag die dorp."
"We return to Prince Albert time and again, as we find it such an appealing destination."
"Mens kon sien dat Covid ook maar sy invloed op hulle toerisme gehad het. Die omgewing is egter pragtig en die sterre 'n hemelse pluspunt. Moet net nie gaan wanneer dit volmaan is nie!"
"Lekker eetplekke en ook nog baie om te sien by SALT. Sal weer teruggaan om nog by Jurg te leer oor die hemelruim."
"Interesting, peaceful town. Beautiful surroundings, especially the countryside when travelling from Matjiesfontein. Well worth a visit, not only for stargazing."
"Great place if one is into star gazing and overnight stop one your way to the Tankwa or West Coast."
"Die dorpie is pragtig en die mense is gasvry en vriendelik. Sal graag weer tyd daar deurbring!"
"Ons slegte verblyf het ons opvinding oor Prins Albert redelik bederf! Dit lyk egter na ‘n baie mooi plek."
"Die dorpie is stil en die mense vriendelik. Ons het Saterdag 13h45 in die dorp aangekom en Die Boekwinkel restaurant wat al 14h00 sou toe maak was meer as gewillig toe ons gebel het vooraf vir 'n wegneemmiddagete om ons the help. Hulle het gewag tot ons daar was voor ons kos gemaak is en dit was heerlik. Die personeel wat ons bedien het was ook heeltemal gewillig dat ons sit en nie wegneem vat nie, maar rustig daar eet en deurstap en 'n glasie wyn geniet. Jy sal ver gaan as stadsmens om sulke helder sterre te sien en die stilte te ervaar met net windpompe wat die nagstilte breek."