Geverifieerde Resensie
Cape Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Cape Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 2924 resensies.
"Dit is 'n pragtige dorpie met verskeie dinge om te besoek en leêr. Moenie net een nag oorslaap nie. "
"Well worth a few days visit! We’d like to spend more time there. We particularly enjoyed the products from the local dairy!"
"Omdat ek vreeslik lief is vir sterrekyk, sal ek altyd lief wees vir hierdie dorpie. Dis altyd baie lekker om weg te breek van die besige lewe van `n groot stad en `n eenvoudige, skoon en taamlik veilige dorpie is die beste oplossing vir dit. "
"'n Moet ten minste een keer in jou lewe. 'n Besoek aan SALT beslis die moeite werd en beste sterrekykplek in die Karoo!"
"Besoek aan planetarium was wonderlik. Toer na teleskope en die aand se sterrekyk was ongelooflik."
"I was disappointed in the tour at the observatory. It was very short and the guide did not give much interesting information about the SALT. I went 10 years ago and the guide had much more information to share about the SALT. I found the new planetarium was a wonderful experience. Unfortunately the video they showed was boring (Google Xprise). I was hoping to see a video about the stars/planets but they showed mostly trailers of lots of different movies. Town itself is typical small town vibe and I loved how peaceful it was."
" Prince Albert is 'n rustige dorpie met baie vriendelike mense, die dorpie is mooi skoon. Onse Rust sal ek beslis weer boek, vriendelike personeel en behulpsaam."
"Dit is 'n pragtige dorpie met 'n wonderlike, ryke geskiedenis. Bo en behalwe die nuwe ontwikkelinge van SALT. Daar is dus soveel meer om te doen as wat mens besef. Sterrekyk hier is asemrowend en iets wat mens nie aan iemand kan beskryf nie. Net iets om self te gaan beleef."
"Een van die mooiste dorpies waarby nog oornag het. Die Bush Pub is veral baie outentieke en lekker."
"Sutherland is 'n wonderlike plek met gawe mense en restaurante wat heerlike kos bedien en warm kaggelvure binne restaurant."
"Dit is 'n uitstekende toeristebestemming, veral die sneeu en die sterrewag het dit die moeite werd gemaak!"
"Pragtige dorpie en het selfs heerlik met die plaaslike NGK predikant, ds. Briers gesels."
"Beplan jou besoek vir die winter en geniet die sterre en die sneeu en die koue! Dit is mos waarvoor Sutherland bekend is. 'n Besoek aan die Salt en oom Jurg se stargazing aanbieding is natuurlik 'n moet, en as nie gaan oornag by Jupiter, besoek dit gerus vir iets te ete!"
"'n Interessante, skoon, netjiese dorpie. 'n Voorbeeld van wat die Suid-Afrikaanse platteland kan wees. "
"Ek sal 'n Karoo-kuier in Sutherland vir enige iemand aanbeveel. Jy gaan 'n ander mens terug huis toe!"
"Indien moontlik kan die Observatorium se besoekure aangepas word vir meer gereelde besoeke. Die omgewing rondom Sutherland is pragtig en stil. Beslis 'n besoek werd. "